Background Image
Previous Page  36 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 44 Next Page
Page Background

Januarie 2018

34

Kwaliteitsresultate van die

2016/2017-koringoesopname

1

,910 miljoen ton koring is tydens die 2016/2017-seisoen

verbou. Hierdie syfer is 32,6% meer as in die vorige seisoen

wat erg onder droogte gebuk gegaan het. Die Wes-Kaapse

winterreënvalstreke het 57,5% tot die totale oes bygedra.

Die Vrystaatse produksiesyfer was in die afgelope vier seisoene

die hoogste.

Die area gebruik vir koringaanplantings het met 5,4% toegeneem

tot 508 365 ha. Opbrengs het gewissel van 2,80 t/ha in die Vrystaat

tot 7,60 t/ha vir besproeiingskoring in die Noord-Kaap. Die nasionale

gemiddelde opbrengs het toegeneem van 2,99 t/ha in die vorige

seisoen tot 3,76 t/ha.

Volgens SAGIS-syfers, is 688 161 ton koring tot en met 28 Julie

2017 vir plaaslike gebruik ingevoer. Hierdie syfer verteenwoordig

40% van die hoeveelheid koring wat in die ooreenstemmende tyd

verlede jaar ingevoer is. Die grootste hoeveelheid koring is vanaf

Duitsland ingevoer, gevolg deur die Russiese Federasie en die

Tsjeggiese Republiek. Gedurende die 2015/2016-seisoen is ‘n totaal

van 2,063 miljoen ton koring ingevoer.

Besoek gerus die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL)-

webwerf vir meer inligting rakende die kwaliteit van ingevoerde

koring oor seisoene heen.

Kwaliteitsoorsig

‘n Totaal van 337 koringmonsters, wat 24 van die graanproduksie-

streke verteenwoordig, is deur SAGL ontvang en vir hierdie opname

ontleed. 316 monsters is deur kommersiële graanopbergers ge-

neem en ingestuur en 21 monsters het direkte lewerings aan ko-

ringmeulens verteenwoordig.

Die monsters is gegradeer volgens die nuutste nasionale grade-

ringsregulasies, soos gepubliseer in die Staatskoerant, Goewer-

mentskennisgewing Nr. R. 64 van 29 Januarie 2016. Graad B1 is

aan 39% van die monsters toegeken, Graad B2 aan 27%, Graad B3

aan 10% en Graad B4 aan 8% daarvan. Utiliteitsgraad en klas

ander koring het onderskeidelik 14% en 2% van die monsters

verteenwoordig.

Van die monsters afkomstig uit die Vrystaat is 71% as Graad B1

gegradeer, teenoor die 52% in die vorige seisoen. Van die be-

sproeiingsareas se monsters is 52% as Graad B1 gegradeer (60%

verlede seisoen). Graad B1 het 22% van die suidelike produksie-

streke (winterreënvalgebied) se monsters verteenwoordig verge-

leke met die 37% van die vorige seisoen.

Die meerderheid van monsters wat na utiliteitsgraad afgegradeer

is, was as gevolg van óf die persentasie sifsels óf die persentasie

ander graan en ongedorste are, tesame met die persentasie

gesamentlike afwykings, wat die maksimum toelaatbare vlakke vir

grade B1 tot B4 oorskry het. Sien

Tabel 1

.

Sifsels beteken alle materiaal wat deur die 1,8 mm standaard gleuf-

sif gaan, terwyl ‘n goed gemengde monster van minstens 500 g

(maar nie meer as 800 g nie) gesif word met 50 stote heen en weer,

beurtelings weg en terug van die gradeerder. Dit is baie belangrik

dat die siftoets op ‘n stewige, gladde oppervlak uitgevoer word en

dat die sifbeweging in dieselfde rigting as die lengte-asse van die

sifopenings plaasvind.

Ander graan, per definisie, beteken korrels of stukkies korrels

van gars, hawer, korog (triticale), mielies, rog en sorghum. Are en

gedeeltes van are van koring, gars, korog en rog wat nog korrels

bevat wat ten volle met blomkaffies bedek is, word gesien as

ongedorste are. Sien

Foto 2

. Die meerderheid van monsters wat

die maksimum toelaatbare vlak vir ander graan en ongedorste are

oorskry het, was afkomstig vanuit die winterreënvalgebied.

Die nasionale gemiddelde heelkoringmeel-proteïeninhoud van 12%,

is die tweede hoogste gemiddeld sedert die 2010/2011-seisoen

AKTUEEL

JOLANDA NORTJÉ,

laboratoriumbestuurder, Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium NPC

1: Die standaard 1,8 mm gleufsif gebruik vir die gradering van koring.

2: Voorbeelde van ander graan en ongedorste are.

1

2