Background Image
Previous Page  40 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 44 Next Page
Page Background

Januarie 2018

38

Bewaringsdag fokus op dekgewasse

en vee-integrasie

‘n

Bewaringslandbouboeredag is op 24 Augustus verlede

jaar by die Ascent Silo naby Vrede gehou, as deel

van ‘n projek wat gesamentlik deur Graan SA, die Ascent-

studiegroep en VKB geïmplementeer word. Die projek

word deur die Mielietrust befonds.

Die boeredag het gefokus op die rol van dekgewasse en vee-

integrasie as deel van bewaringslandbou. 180 mense het die

dag bygewoon. Hulle was meestal van die Vrystaat (67%), maar

ook van Gauteng, Mpumalanga, Noordwes Provinsie en die res van

Suid-Afrika.

Aanbiedings het ingesluit:

Bewaringslandbouvideo’s en -inleiding (dr Hendrik Smith,

Graan SA)

Bewaringslandbou in die VSA – toer-ervarings (Izak Dreyer,

Vrede)

Oorsig oor Ascent-VKB-Graan SA-bewaringslandbouproewe

(dr Robert Steynberg, VKB)

Bewaringslandbou in die Ascent-Vrede-omgewing (Izak Dreyer)

Die ekonomie van dekgewasse en vee-integrasie op Vrede

(Dewald Vosloo, Saamstaan Voere)

Die ekonomie van graanproduksie in die Vrede-omgewing

(Jaco Heckroodt, VKB)

Na die formele voorleggings by Ascent Silo was daar ‘n reeks

demonstrasies op die plaas Skulpspruit van mnr Izak Dreyer, waar

die volgende aspekte aan die besoekers gedemonstreer is:

Dekgewasse;

elektriese heinings (vir weidings);

geenbewerkingsplanters; en

weidingstelsels.

‘n Meningsopname wat onder die deelnemers gehou is, het ge-

toon dat produsente wat die dag bygewoon het, die volgende

praktyke toepas: Geenbewerking (19%), konvensioneel – ploeg en

skeurploeg (18%), bewaringslandbou (18%), veeboerdery (18%),

strookbewerking (15%), terwyl 11% uit ander bedrywe kom. 95%

van die produsente stel belang om bewaringslandbou toe te pas.

Die opname het ook uitgewys dat die faktor wat produsente

die meeste daarvan weerhou om bewaringslandbou toe te pas, ‘n

tekort aan kennis is – 36% van die produsente het dit so aangedui.

Ander redes sluit in: ‘n Tekort aan die regte implemente (23%),

finansies (13%), verkeerde en gedegradeerde grond (9%) en onge-

definieerde redes (19%).

AKTUEEL

SUZETTE SMALBERGER,

VKB en

DR HENDRIK SMITH,

Graan SA

1: Besoekers aan die bewaringslandbouboeredag by Ascent Silo, Vrede.

2: By die geleentheid was: Paul Zietsman (voorsitter van die Ascent-studiegroep), Dewald Vosloo (voedingskundige

van Saamstaan Voere), dr Robert Steynberg, Izak Dreyer, Egon Zunckel (bewaringsprodusente van Bergville),

Suzette Smalberger (VKB), dr Hendrik Smith, Jerry Maritz (VKB Graan) en Jaco Heckroodt.

3: Izak Dreyer praat oor sy Amerikaanse besoek. Sy boodskap was: Organiese materiaal in die grond is meer

belangrik as reënval.

4: Veldbesoeke was deel van die boeredag. Hier kyk die produsente na die winterdekgewasse wat aangeplant is.

1

3

4

2