Background Image
Previous Page  35 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 44 Next Page
Page Background

33

January 2018

Maak dus seker dat elke pos ‘n volledige posbeskrywing en

posontleding het, sodat die regte persone aangestel kan word.

Wanneer iemand geïdentifiseer word, wil ek werklik elke werkgewer

aanraai om die aansoeker se verwysings deeglik na te gaan alvo-

rens ‘n aanstelling gemaak word.

Indien daar periodes op ‘n CV ontbreek, doen deeglik navraag

oor daardie periodes. Jy sal nie kan raai hoe dikwels ek persone

wat by ‘n werkgewer afgedank is, weer by ‘n volgende werkgewer

vind nie.

Indien daar nie iemand met die nodige kennis en vaardighede

aangestel word nie, kan daar sekerlik nie van die administratiewe

beampte en of voorman verwag word om al die nodige kennis te

hê nie. Daarom moet ons ook die nodige opleiding en bystand

verskaf.

Hierdie opleiding en bystand is ‘n werklike behoefte, wat al vir ‘n

geruime tyd deur die AGRISETA aangespreek word. Produsente

het die voorreg om ‘n sektorale opleidingsoutoriteit te hê wat

effektief funksioneer en meeste van die opleiding benodig, op aan-

soek kan befonds.

Wanneer ‘n produsent sy eie mense oplei en aanwend om hom

by te staan, word die werksplek ‘n stelsel waarbinne komplekse

verhoudings maklik en effektief hanteer kan word.

In kort: Jou boerdery is jou besigheid en dit is somtyds nodig om

uit die boks te dink om daardie legkaart wat jou suksesverhaal ver-

tel, te bou.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elke produsent te

bedank vir die voorreg wat ek het om daagliks te kan sien hoe lief

hy/sy die grond en boerderybesigheid het, om in bitter moeilike

omstandighede steeds die veraf reënwolke te sien wat sy/haar

grond met genadewater besprinkel.

Indien jy enige advies rakende hierdie aangeleentheid of enige

ander arbeidsverhoudinge- of menslike hulpbron-kwessies benodig,

kan jy Dirk Coetzee (wat op Bothaville gesetel is) by 082 443 0296

of 056 515 2001 skakel.

“Buite die boks”-boerdery

Hoe sou jy iemand oortuig om iets te doen wat hulle

nie wou doen nie?

PRELINE:

Sjoe – ek sou saggies praat en al die hoekoms sê en met

my hand op hul skouers diep in hul oë kyk. En natuurlik glimlag!

PETRU:

Oortuiging...ek sal hul op die mooiste moontlike manier

manipuleer.

Wie is jou rolmodel en hoekom?

PRELINE:

Jenny Mathews (voormalige Graan SA-hoofbestuurslid)

en dr Marinda Visser (bestuurder: Navorsing en Beleidsentrum,

Graan SA). Twee ystervroue wat regtig nie bang is om op te staan

vir dít waarin hul glo nie. Jenny doen steeds meer en meer boekeken-

nis op – ouderdom maak nie saak nie – en sy het ‘n ongelooflike

passie vir haar medemens.

PETRU:

My broer. Hy is standvastig, ‘n steunpilaar en ek staan altyd

verstom oor hoe hy alles – met ‘n goeie hart – vir almal doen. Hy is

wonderlik en ek vind moeilik woorde om te beskryf hoe ongelooflik

hy vir my is.

Wat is jou

super power

?

PRELINE:

My glimlag – want enige situasie kan verlig word. My

glimlag en manier van lag is 100% ek en wat eintlik maak dat mense

my ken.

PETRU:

Ek is ‘n spanspeler – ek probeer die beste in mense raaksien

en ek probeer seker maak hulle sien dit in hulself.

Jou raad vir die Grain Academy Klas van 2018?

PRELINE:

Jy moet dit wíl doen. Jy moet wil werk aan jouself en

jy moet daar wil wees om ‘n verskil aan jou eie lewe te maak. Jy

moet passievol wees oor die onbekende wat vir jou wag. Dit is ‘n on-

bekende rit, maak jou gordel vas en benut die geleentheid ten volle

en indien jy nie gaan kan nie, gee die geleentheid aan iemand anders

om te benut.

PETRU:

Benader die geleentheid oopkop, met geen vooropgestelde

idees nie. In dié tyd wat jy daar is, gee net jou beste en wees krities

op jouself – op waar jou sterk en swak punte is. En onthou, dit maak

nie saak wát jy leer nie – jy moet dit in die praktyk kan toepas.

Wat het die Grain Academy vir jou beteken?

PRELINE:

Dit het my oë laat oopgaan en ek kon myself beter ver-

staan. Ek is die geleentheid gegun om my los te maak van baie dinge.

Ek gaan nou ‘n nuwe toekoms in en hierdie nuwe Preline is slagge-

reed daarvoor. As jy jouself nie verstaan nie, kan jy nie die toekoms

tegemoet gaan nie. Dit wat ek geleer het, sal my nog baie ver bring

en het my toegerus vir enige uitdaging wat op my pad mag kom.

PETRU:

‘n Aangename ervaring waar ek kundigheid oor ‘n wye

spektrum temas, gefokus op leierseienskappe, opgedoen het. Ek

het myself beter leer ken, maar die ontmoeting met ‘n dinamiese

groep jongmense wat deel was van die ervaring, was verseker

‘n hoogtepunt.

Vanaf 2018 is die Grain Academy-aansoeke oopgestel vir pro-

dusente van alle gewasse. Meer inligting kan gevind word by

www.grainacademy.co.za

.

Petru Fourie