Previous Page  11 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 116 Next Page
Page Background

March 2018

9

mnr Henk Cerfonteyn (Departement van Landbou) wat produsente

meer van die Oesskattingskomitee se werkswyse en prosedures

vertel het en dr Willem Botes (Stellenbosch Universiteit) wat

produsente met bemoedigende moontlikhede van en vordering met

die teling van koringkultivars, geboei het.

Ten slotte wil ons graag alle produsente en rolspelers bedank wat

die streeksvergaderings bygewoon het, asook diegene wat die

vrymoedigheid gehad het om hul gedagtes en bekommernisse

tydens hierdie vergaderings te deel. Dit is vir Graan SA ‘n uiters

belangrike platform wat juis ten doel het om inligting te deel,

saam planne te maak en die nodige mandaat vanaf ons lede te kry

om streek-spesifieke sake tydens die jaarlikse Graan SA Kongres

op die tafel te lê. Graan SA bedank graag alle borge van hierdie

streeksvergaderings vir hul betrokkenheid en bydrae om van die

geleenthede ‘n sukses te maak. Ons moedig ook boereverenigings

en georganiseerde strukture aan om die Graan SA span te nader as

hul meer inligting nodig het.

4 en 5: Daar was ‘n goeie opkoms by Streek 5 en Streek 28 se streeksvergaderings op Barberspan.

6: Ralf Küsel (hoofbestuurslid vir Streek 14), Schalk Stapelberg junior, Schalk Stapelberg (oud-hoofbestuurslid) en JS Stapelberg verkeer gesellig

by die vergadering op Bergville.

7: Henry Honiball, Theuns de Jager en Frans Steyn kuier saam na die vergadering op Bergville (Streek 14).

8: Voor: Johnny Cameron (oud-hoofbestuurslid). Agter: Neels Ferreira (oud-voorsitter, Graan SA), Deon van der Westhuizen (oud-hoofbestuurslid),

Rudolf Fourie (hoofbestuurslid vir Streek 12) en Jannie de Villiers tydens die streeksvergadering.

9: ‘n Positiewe streeksvergadering op Ermelo met produsente.

10: Streek 10 het by Janvos Landgoed bymekaargekom.

11: Tommie Olckers, Kallie Schoeman (hoofbestuurslid vir Streek 9) en Jannie de Villiers gesels landbousake.

12: By Rietpoel: Die streeksvergaderings vir Streke 26, 27 asook die nuut-gevormde Streek 32, se opkoms van produsente en bedryfsrolspelers

het verwagtinge oortref.

13: Franco le Roux (voorheen verbonde aan Soill) het ‘n oorkonde van Graan SA af ontvang vir sy bydrae tot die kanolabedryf.

14: Die sprekers tydens hierdie geleenthede, waaronder Jannie de Villiers (hier tydens die Riversdal-vergadering) het die organisasie se

strategiese doelwitte, sowel as die realiteite en konteks van die tipe uitdagings wat teëgekom word, uiteengesit.

15: Dr Willem Botes het met die produsente tydens die vergadering op Moorreesburg oor koringkultivarteling gesels.

4

13

10

11

12

7

14

8

6

9

5

15