Previous Page  9 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 116 Next Page
Page Background

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estie@infoworks.biz

083 490 9449

7

March 2018

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

w

anneer het ‘n mens genoeg? Dit is ‘n vraag wat

nie so maklik beantwoord kan word nie. Vir een

persoon is ‘n bietjie al genoeg, maar vir ‘n ander

is dieselfde hoeveelheid glad nie genoeg nie.

Omstandighede en persoonlikhede is baie keer die

bepalende faktor van of iets genoeg is of nie.

Toe die Here die Israeliete die woestyn in gelei het ná die uittog uit

Egipte, het Hy manna aan hulle gegee. In die woestyn waar daar

geen kos was nie, voorsien Hy hulle van manna. Hulle kon daarvan

leef. Al was dit genoeg en ook voedsaam genoeg, het hulle gou

moeg geword daarvoor.

In Num. 11 lees ons dat die volk se lus vir vleis hulle oorweldig het.

Daarby het hulle na die visse, komkommers, waatlemoene, preie, uie

en knoffel van Egipte verlang.

Die Israeliete het teen die Here en teen Moses in opstand gekom.

Die manna was nie meer goed genoeg nie. Hulle wou meer hê! Dit

wat die Here gegee het, was eenvoudig net nie goed genoeg nie.

Hoeveel keer is ons ook nie tevrede met wat die Here aan ons gee

nie? Ons wil altyd meer en beter hê. Daarby wil ons self bepaal wat

goed en wat sleg vir ons is. Ons wil self besluit wanneer genoeg

eintlik genoeg is.

Die Here leer ons in Fil. 4:11 dat ons vergenoeg moet wees. Ons moet

leer om tevrede te wees met dít wat die Here aan ons gee. Ons moet

leer om tevrede te wees met die omstandighede waarin ons lewe:

Of dit nou genoeg reën dat ons ‘n goeie oes kan maak, of te min, of

dalk te veel.

Ons moet leer om tevrede te wees met alles wat die Here in sy almag

en wysheid aan ons gee. Hy weet immers die beste.

Baie geluk aan

AJ Lues van Ermelo

wat vir die Februarie-

uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen

het.

estie@infoworks.biz

The Food and Agricultural

Organisation (FAO) estimates that

each year about

40% of food production

are wasted globally

. The biggest

portion of that is taking place in devel-

oping countries in the production

and distribution side of the value

chain, which means it is addressable.

New technologies and business

models can be implemented to prevent

the loss of food while it is on the way

from the producer to the market.

– Me Rachel Jafta (chairperson, Media24 Limited) at the

Agri SA Congress in October last year

Goeie vordering is gedurende die

verslagtydperk gemaak met die

omdraaistrategie vir koring

s

. Deur

Graan SA se fasiliterende rol, is

vennote in die waardeketting tot

nuwe insigte gebring om opofferings te

maak ten einde ’n groter doel te bereik

en samehorigheid in die koringbedryf

te bewerkstellig.

– Mnr Jaco Minnaar, voorsitter, Graan SA,

Graan SA 2017-jaarverslag

My boodskap aan produsente

is om konstant te verseker dat die

produksie van graan vir jou ekonomies

sin maak. Hou aan

fokus op die inkomste-

en die uitgawekant

en dus nie net op

tegniese produksie nie, maar ook jou

bemarkingskant sodat die twee in balans

bly. Hou die oog op die bal, en onthou:

Die bal is nie die politiek nie;

dit is jou bankbalans.

– Mnr Jannie de Villiers, HUB, Graan SA,

Graan SA 2017-jaarverslag