Previous Page  10 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

8

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

d

ié jaar het teen ‘n tempo afgeskop en die eerste

Graan SA streeksvergaderings het reeds op 16 Janu-

arie op Delmas en Middelburg plaasgevind. Met

‘n algemeen méér positiewe ervaring vir lede, het

die bywoningsyfers in meeste streke sterk gegroei

vergeleke met dié van verlede jaar, alhoewel daar

steeds ‘n klompie streke was met minder getalle.

Graan SA se fokuspunte is tydens die vergaderings uiteengesit en

die huidige situasie rondom grondhervorming en die pad vorentoe

is ook aan lede uitgelig, met goeie terugvoer en bespreking aan

die orde van die dag. Verder is die belangrikheid daarvan om deel

van georganiseerde landbou en ‘n organisasie soos Graan SA te

wees, weer eens beklemtoon.

Tydens die vergaderings is volledige markinligting aan lede deur-

gegee en was die hoofbespreking natuurlik die afskaffing van die

liggingsdifferensiaal, die huidige mielieprys, mielievoorrade en die

moontlikheid van meer as een verwerkingspunt vir geel- en witmie-

lies onderskeidelik. Verskillende produksie- en verwerkingsyfers per

provinsie is aan die lede deurgegee – wat moontlike aanbevelings

vir Kongres sal wees in terme van liggingsdifferensiale.

Kommer is egter uitgespreek oor die hoë insetkoste en ver-

hogings wat in die vooruitsig gestel is. Produsente wat probleme

met dieselrabatterugbetalings ervaar, is herinner om met

mnr Corné Louw (senior ekonoom, Graan SA) te skakel.

Streke het verder individuele terugvoer oor die huidige stand

van bedryfsheffings, soos gevorder tot op datum, ontvang en

Graan SA het elke lid vir sy bydrae bedank. Lede by die vergade-

rings was dit eens dat alle produsente heffings op alle tonne

gelewer, moet betaal en verskeie Graan SA lede het hul misnoeë

uitgespreek teenoor nie-betalende ledeprodusente wat steeds voor-

deel trek uit Graan SA se bedryfsaktiwiteite.

Wes-Kaap praat prontuit by vergaderings

Die Wes-Kaapse jaarlikse streeksvergaderings – ‘n hoogtepunt

soos min – het op 29, 30 en 31 Januarie by die Hoër Landbouskool

Oakdale op Riversdal, die Overberg Agri silo’s by Rietpoel buite

Caledon en by Die Hut op Moorreesburg onderskeidelik, plaasge-

vind. Hierdie vergaderings, vir Streke 26, 27 asook die nuut gevorm-

de Streek 32, se opkoms van produsente en bedryfsrolspelers het

verwagtinge oortref.

Die sprekers tydens hierdie geleenthede, naamlik mnre Jannie de

Villiers (uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA), Andries Theron

(voorsitter, Graan SA Wintergraanwerkgroep) en Jaco Minnaar

(voorsitter, Graan SA), het die organisasie se strategiese doelwitte,

sowel as die realiteite en konteks van die tipe uitdagings wat

teëgekom word, uiteengesit.

Produsente is omslagtig ingelig rakende die verskeie omdraai-

strategieë wat in plek gestel is – juis om hierdie uitdagings,

soos onder meer die koringtarief, statutêre heffings en die ver-

voerdifferensiaal, aan te spreek. Verder is die grondwerk wat gedoen

word om winsgewendheid te verhoog uitgelig, deur op aspekte

soos gradering, opbergingregulasies en navorsing vir verhoogde

opbrengste, te fokus. Produsente het ook die geleentheid gehad

om hul bekommernisse en behoeftes met die bestuurkorps te

deel. Spesiale gassprekers tydens die streeksvergaderings was

Geen tyd vir doekies omdraai nie

– streeksvergaderings verseker die moeite werd

1: Anton Botha (dagbestuurslid van Graan SA) spreek die vergadering toe op Ottosdal (Streek 6).

2: Corné Louw bespreek die dieselrabat tydens Streek 16 se vergadering by die Weiveld Boereverenigingsaal.

3: Streek 4 het op Lichtenburg vergader.

1

2

3

DIRK KOTZÉ,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA en

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Wes-Kaap, Landbou-ontwikkeling, Graan SA