Previous Page  17 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 116 Next Page
Page Background

NAMPO kom

Wes-Kaap toe

G

raan SA en Bredasdorp Mega Park NPC het ‘n same-

werkingsooreenkoms geteken om ‘n landbou- en nywer-

heidstentoonstelling te Mega Park NPC op Bredasdorp

van 12 tot 15 September vanjaar aan te bied.

Dié handel- en vee-ekspo gaan poog om iets vir elkeen in landbou

te bied en het ten doel om die basis as landbou-inligtingsverskaffer,

markplek, netwerkgeleentheid en bymekaarkomplek vir almal wat

belang het by landbou, te vestig.

Landbouers in die Kaap word ‘n uitstekende geleentheid gebied

om die pryse en gehalte van trekkers en ander landboutoerusting

gelyktydig op een terrein te vergelyk. Die landbouskou gaan

‘n platform vestig om boerderywenke uit te ruil en van nuwe

bewerkings- en verbeterde boerderymetodes kennis te neem.

Mnr Jannie de Villiers (HUB van Graan SA) het gesê dat Graan SA

graag hul kundigheid met Bredasdorp Mega Park NPC wil deel om

‘n bydrae tot landbou in die Wes-Kaap te maak. Vir verdere navrae,

kontak Toit Wessels by 086 004 7246 of

toit@grainsa.co.za

.

GRAAN SA

Ontmoet ons nuwe

rekenmeester

G

raan SA se Finansiële Dienste-afdeling het in Januarie

vanjaar ‘n nuwe toevoeging tot die span verwelkom toe

Roslynne Carelse as finansiële rekenmeester by die or-

ganisasie aangesluit het.

Die gebore en getoë Vrystater – afkomstig van Bloemfontein

– beskryf haarself as kleurvol en logies. “Ek kleur graag tussen

die lyne in, maar skep ‘n Mona Lisa.” Sy lag vir haar eie grap-

pies, maar kan huil vir iets so mooi soos die liefde tussen vriende.

Verder waardeer sy die egtheid van gesprekke met vreemdelinge

wat nie skaam is om die mooiheid van die wêreld met haar te

deel nie – en wat op dié manier terselfdertyd ‘n lewensles oordra.

Haar stokperdjies sluit Crossfit, teaterkuns (besigtig, nie optree

nie), poësie en ‘n kuier om die braaivleisvuur met vriende en fami-

lie in.

Jy kan haar bederf met koffie, rooiwyn, biltong en blomme en

sy heg groot waarde aan lojaliteit, eerlikheid, toegewydheid en

deernis.

S

A GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

Silo Warehouse...

Your grain storage solution.

Top quality turnkey projects

Tel: 012 332 1469

www.silowarehouse.co.za

E-mail:

info@silowarehouse.co.za

silowarehouse

5XVWODQGNUDDO +RRSVWDG

29. (OOLRW

-' OH 5RX[ +RRSVWDG

6W +HOHQD

*DZDQD

Roslynne Carelse

TOIT WESSELS,

assistentbestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA

Merk in

rooi

op

jou kalender

15 Mei tot 18 Mei

Graan SA se NAMPO Oesdag by Bothaville

Vir meer inligting, besoek

www.nampo.co.za .

Hou ook

die April-uitgawe van

SA Graan/Grain

dop vir die

amptelike bylaag oor die Graan SA NAMPO Oesdag.