Previous Page  8 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 116 Next Page
Page Background

KANTLYN

Op die

Doet so voort

Beste Kleinneef

Voor die jaar op galop gaan, wil ek ‘n belofte aan myself

nakom en aan jou vertel hoe ek jou

E-posse

aan

Grootneef

-

rubriek in die

SA Graan/Grain

tydskrif geniet. Ek het in die

verlede elke maand na die lees van jou brief myself belowe

om aan jou te skryf en my waardering vir jou skryftalent uit

te spreek.

Jy hanteer die Afrikaanse taal moeiteloos en baie kreatief.

Daarby beskik jy oor ‘n humorsin en fyn aanvoeling wat my

soms laat skaterlag. Dan weer, raak jy ‘n diep hartsplek en

stem my hartseer.

Ek wou al my man se intekenaarskap op die tydskrif kan-

selleer, want ons is al lankal nie meer bedrywende boere nie.

Maar ek sal dit nie doen nie, want dan mis ek jou maandstuk-

kie. Ek hou jou “

E-posse

” in ‘n lêer en soms, as ek gevra word

om iewers op te tree (ek is ‘n vertolkingskunstenaar) trek ek

van jou stukke nader (natuurlik net die nodige erkenning aan

Kleinnneef

” en die tydskrif!)

Baie, baie dankie vir die uiters puik stukkies wat jy oënskynlik

moeiteloos produseer. (Ek het vir meer as vyf jaar maande-

likse rubrieke vir ons plaaslike koerant geskryf – en weet wat

dit verg!)

Doet so voort – ek is seker ek is nie jou enigste ondersteuner

nie! Ons sien daarna uit om die volgende jaar se sketse te

geniet.

Vriendelike groete

Madelé Heymans van Koster

NS. Ek hoop die lamppale by jou voordeur bly ongestoord en

ongeskonde brand!

Maart 2018

6

Byname: Mooi of lelik?

– Deur Hennie Vermaak van Pretoria

Ons ken almal voorbeelde van byname van mense, party gepas,

ander weer amper lasterlik!

‘n Voorbeeld van ‘n mooie: ‘n Seuntjie wie se doopnaam en noemnaam, sy oupa

se bynaam was! En hy dra hierdie naam nog steeds met trots.

Dan is daar ‘n oom wat ek geken het, wat daarvoor bekend was dat hy die groot-

ste klomp liegstories kon kwytraak. En wat was sy bynaam? Ja, almal het hom

(agter sy rug, natuurlik) “Daan Waarheid” genoem.

Op Stellenbosch was daar selfs ‘n manskoshuis met ‘n bynaam en as jy nou

moeilikheid wou soek met sy inwoners, moes jy daardie bynaam hardop noem.

(Moontlik is hier alumni van daardie universiteit, wat sal weet wat die naam

was, maar ek noem dit nie – ‘n toe mond is ‘n heel mond.)

Jare gelede het ek ‘n vriend gehad wat ‘n vakleerling (

apprentice,

afgekort

appy

)

was by die spoorweë se werkswinkels in Bloemfontein en hy het hierdie storie

vertel. Daar was ‘n knorrige ou Engelsman werksaam, ‘n vakman en die

appies

het hom die bynaam “Oom Koos” gegee. Oom Koos het geen woord Afrikaans

geken nie, maar was blykbaar onder die indruk dat die bynaam iets lelik beteken

en elke keer as hy dit hoor, is hy woedend en dreig hulle dat hy hulle by die

“baas” gaan rapporteer as hulle hom weer so noem.

Een oggend hoor hy dit weer en baie woedend begewe hy homself na die baas

se kantoor. Die baas is ook ‘n Engelsman, wat geweet het van die bynaam, maar

was onbewus van die oubaas se wrewel daaroor.

Oom Koos klop aan die deur en hoor “

Come in

”. Hy stap in en voor hy enigiets

kon sê, sê die baas ewe vriendelik: “

Good morning,

Oem Koes

, and what can I

do for you today?

Ek het nooit die uiteinde van hierdie storie gehoor nie. Maar die les is: Wees

liewer versigtig met die gebruik van ander mense se byname – dalk hou hulle

nie daarvan nie!