Previous Page  12 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

10

Werkgroep besoek nuwe

wêreldklas tegnologiesentrum

D

ie Produksie/Insetwerkgroep van Graan SA het sy laas-

te vergadering vir 2017 by DuPont se nuwe wêreldklas

tegnologiesentrum buite Delmas gehou.

Van die belangrike sake wat tydens die werkgroepvergadering be-

spreek is, sluit in:

Saad

Die teling-en-tegnologieheffing op saad

Mieliekultivarevalueringsprogram

Sclerotinia toelaatbaar in gesertifiseerde sonneblom- en

sojaboonsaad

Samesprekings met SANSOR

Kunsmis

Kunsmis- en landboukalkpryse

Samesprekings met Fertasa

Die kunsmis- en landboukalkmoniteringsprojek

Kunsmisbokse

Landbouchemikalieë

Chemikalieëprysmonitering

Terugvoer oor samesprekings met AVCASA

Standaard etikettering vir landbouchemiese middels

Kwaliteit van landbouchemikalieë

Onkruiddoderweerstand en kaarte van chemiese groepe

Brandstof

Ruolie en dieselprysvooruitsigte

Dieselrabat

Pryse van smeerolie

Goedkoper diesel by landbou-organisasies

Landboumasjinerie

Prystendense en trekkerverkope

Terugvoer oor samesprekings met SALMA

Invoertarief op trekkerbande

Monitering van onderdelepryse

Logistiek van landboumasjinerie wat nie gelisensieer kan

word nie

Verder het algemene sake soos water, elektrisiteit, koperdiefstal,

die minimum loon en finansiering ook aandag geniet.

Na afloop van die vergadering het die werkgroeplede die fasiliteite

besoek. Gevorderde tegnologie soos dubbel haploïede, fotometrie

en die gepatenteerde Pioneer Versnelde Gewastegnologiestelsel

(Pioneer Accelerated Yield Technology [AYT] System) word in

hierdie sentrum gebruik.

Hierdie tegnologie bied ondersteuning om teelsiklusse te verkort

en verbeter die akkuraatheid ten opsigte van telingsdoelwitte

(onder andere verbeterde droogteverdraagsaamheid, plae en siek-

teverdraagsaamheid, asook verbeterde opbrengs met beperkende

insette). Buiten ‘n tegnologiesentrum op die perseel, is daar ook ‘n

insektaria – die grootste privaat insektaria in Afrika – waar eienskappe

ontwikkel word om plaaslike vernietigende plae te bestuur.

“Dit wat ons hier gesien het, behoort plaaslike graan- en olie-

sadeprodusente gemoedsrus te gee en opgewonde te maak

dat daar in hierdie tipe fasiliteite geïnvesteer word en dat ge-

lokaliseerde navorsing hier op eie bodem gedoen word. Hierdie tipe

fasiliteite word gewoonlik net in lande soos Amerika gesien,” aldus

mnr André Kirsten (voorsitter van die Produksie/Insetwerkgroep).

Vir enige vrae oor die bedrywighede van dié Werkgroep kan

Corné Louw by

corne@grainsa.co.za

of André Kirsten by

andre@

kirstenbdy.co.za

gekontak word.

GRAAN SA

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

Tydens die Produksie/Insetwerkgroep se besoek aan Dupont verlede jaar was die volgende persone teenwoordig: Israel Motlhabane,

Michel Gildenhuys, Martina Benade (Agri SA), Michelle Mokone, dr Dirk Strydom, Requier Wait (Agri SA), Luzelle Botha, André Kirsten,

Petru Fourie, Ryk Pretorius, Jan-George Pretorius, Willem Groothof, Jaco Breytenbach (visevoorsitter), Sarel Haasbroek, Corné Louw en

Du Preez Kritzinger (Pioneer).