Previous Page  6 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 116 Next Page
Page Background

4

o

ptimaliseer jou winsgewendheid en nie noodwendig jou

opbrengs nie. Is dit waar ons nou met graanproduksie

staan? Die landboutoestande is oor die algemeen goed,

alhoewel die seisoen laat is en in sommige gebiede glad

nie aan die gang gekom het nie. Die Wes-Kaap beleef van

sy ergste droogtes nóg.

Ons besoeke aan die produksiegebiede in ons land het die groot

diversiteit van ons klimaat beklemtoon. Van mooi oeste in die ooste,

na verbrande vroeë mielies in die weste tot ‘n verdorde Wes-Kaap

– dit is waarmee ons gekonfronteer word.

Wat die herstel van pryse in die nabye toekoms betref, lyk die

heersende toestande in die wêreld mistroostig. Landboutegnolo-

gie het na die wêreldvoedselpryskrisis in 2008 met só ‘n groot slag

weggetrek dat aanbod die vraag totaal oorskadu het. Voorrade was

nog nooit so hoog nie en pryse bly onder druk. Wanneer sal die

vraag dan opvang?

Politieke optimisme laat die rand versterk en verleen nie juis onder-

steuning met pryse nie: Ons kan immers nie net van relatiewe

goedkoper insette leef nie! Die wêreld bly honger, maar ons mie-

liepryse bly steeds bo uitvoerpariteit en gevolglik bly ons silo’s vol

en ons bankrekenings leeg. In tye soos hierdie moet produsente

meer as ooit tevore op hul winsgewendheid fokus: Koste en pryse.

Graan SA kan nie die pryse beïnvloed nie, maar fokus daarop om die

mark so deursigtig as moontlik te maak en seker te maak dat niemand

dit manipuleer nie. Aan die kostekant poog ons om pryse wyd te

publiseer sodat produsente kan beding en ons monitor die kwaliteit

sodat elkeen kry waarvoor hy/sy betaal het. Om winsgewendheid te

optimaliseer, moet jy die bes moontlike mensekundigheid aan albei

kante van jou besigheid in plek kry.

Ek het in 2016/2017 geskryf oor ‘n nuwe era wat aangebreek het. ‘n

Tipe ná-die-vryemark-era. Die groen lote daarvan het ek rondom die

braaivleisvure tydens die streeksvergaderings ervaar. Produsente is

besig om hulle te herorganiseer in koop- en bemarkingsgroepe ten

einde hulself beter te posisioneer.

Party rig hul eie kunsmisaanlegte op en begin reeds hulle eie graan-

produkte verwerk. Dit is kompleet asof die vroeë skote van weer

‘n nuwe tipe “koöperasiebeweging” van stapel te stuur, geskiet word.

Dit is juis hierdie tipe innovering wat van Suid-Afrikaanse produsen-

te sulke unieke vasbyters maak. Wel gedaan manne, laat ons jul sto-

ries hoor en mekaar daarmee aanmoedig ten einde volhoubaar te

bly. Ek was ook bemoedig toe van ons nuwe era kommersiële boere

aan die einde van hul klagtes oor die staat se swak dienste, begin kla

het oor die vervoerdifferensiaal. Ja, daardie woord! Dit was vir my

‘n duidelike bewys dat elkeen van hulle maar net soos enige ander

kommersiële produsent is.

Ek wil graag hierdie maand se hoofartikel afsluit met ‘n bemoedigen-

de gedagte: Dit was vir my in al ons gesprekke by die streeksvergade-

rings oor grondhervorming opvallend dat daar nie weer dieselfde

tipe emosionele redenasies van vroeër was nie.

Saam met die bekommernisse oor die populistiese uitsprake het

‘n stuk realisme deurgekom: Dat ons self iewers planne gaan moet

maak om die saak op ‘n verantwoordelike wyse vorentoe te vat. Die

kommersiële produsente se opinies en voorstelle word beslis nie

geweeg aan die hektare wat ons besit nie, maar (reg of verkeerd) aan

die persentasie stemme wat die opposisiepartye in die parlement

het. Dit bemoeilik ons kanse om besluite te beïnvloed.

Tóg het ek beleef dat daar ‘n groter openheid vir ons sieninge ontwik-

kel – as ons met opregte harte sáám na oplossings soek en nie net

eensydig alles wil verdedig of afskiet nie.

Sterkte vir die seisoen wat voorlê, dit gaan hard wees.

Dit gaan ’n harde seisoen wees

JANNIE DE VILLIERS,

HUB/CEO

Dit is juis hierdie

tipe innovering wat

van Suid-Afrikaanse

produsente sulke

unieke vasbyters

maak.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Maart 2018