

Argentynse
en
plaaslike
praktyke vergelyk (Deel 2)
65
June 2018
Op plaasvlak
Bewaringslandbou
In ‘n volgende artikel sal aangetoon word
hoe grondkompaksie op hierdie sandgrond
sonneblomwortels op ongeveer 20 cm
diepte horisontaal laat draai onder die
Argentynse stelsel – en gevolglik ‘n beperkte
grondvolume benut.
Sojabone
In die 2012/2013-seisoen het die Argentynse
stelsel 1 200 kg graan/ha gelewer en
die plaaspraktyk 1 400 kg graan/ha
– beide stelsels teen 250 00 plante/ha. Die
2013/2014-aanplanting is eers op 4 Janua
rie 2014 afgehandel, wat betreklik laat was
vir sojabone. Die uiteinde was ‘n oesmis
lukking weens droogtetoestande en om
dat die plante te laag was vir ‘n meganiese
oesaksie.
Samevatting
Uit die resultate van drie seisoene in drie
agro-ekologiese gebiede is dit redelik
duidelik dat die Argentynse stelsel van nou
rywydtes en hoë plantestande nie sonder
meer op alle gewasse, gronde en vir enige
hoeveelheid seisoenale reënval toegepas
kan word nie.
Om op te som:
Op die swaar getekstureerde (>50%
klei) vertiese grond in die warm semi-
ariede omgewing van Good Hope (op
die Springbokvlakte):
Is die plaaspraktyk (met ‘n laer
plantestand en wyer rye as die
Argentynse stelsel) die keuse vir ‘n
produksiestelsel vir graansorghum
in wisselbou met sonneblom.
Kan, vir ‘n produksiestelsel vir son
neblom in wisselbou met graan
sorghum, enigeen van die Arg40K
(Argentynse stelsel teen 40 000
plante/ha) of die plaaspraktyk teen
32 000 plante/ha oorweeg word.
Hoewel sojabone in die proewe as
‘n wisselbougewas ingesluit was
– en ‘n mislukking was – word dit nie
in die omgewing op kommersiële
skaal verbou nie.
Moet dit verder in gedagte gehou
word dat die vertiese gronde van
die omgewing ‘n prominente self
bewerkingsaksie het (
self mulching
)
en as sulks geen- of verminderde
bewerking komplementeer.
Op die sandgronde in die warm semi-
ariede omgewing van Leeuwkuil
(Odendaalsrus):
Is die plaaspraktyk (met ‘n laer
plantestand en wyer rye as die
Argentynse stelsel) die keuse vir
‘n produksiestelsel vir mielies in
wisselbou met sonneblom. Veral
opvallend is die afname in opbrengs
met ‘n toename in plantestand.
Kan, vir ‘n produksiestelsel vir son
neblom in wisselbou met mielies,
enigeen van die Arg40K of die plaas
praktyk, beide teen 40 000 plante/ha,
oorweeg word.
Hoewel sojabone in die proewe as
‘n wisselbougewas ingesluit was,
word dit uit ‘n ekonomiese oogpunt
nie op Leeuwkuil oorweeg nie.
Op die medium getekstureerde (15%
- 20% klei), diep gronde in die koel,
humiede omgewing van Manjoh Ranch
(Nigel):
Sou die keuse vir ‘n produksiestelsel
vir mielies, in wisselbou met
sojabone, op die Argentynse stelsel
van 54 000 plante/ha tot 64 000
plante/ha met ‘n 52 cm-rywydte
val. Die toename in opbrengs met
‘n toename in plantestand is veral
opvallend – ‘n sterk oorweging om
die Argentynse stelsel met sy hoë
plantdigthede te ondersteun.
Soudie keuse van ‘nproduksiestelsel
vir sojabone, in wisselbou met
mielies, ‘n Argentynse stelsel wees,
waar ‘n kortseisoenkultivar teen
250 000 plante/ha met ‘n 52 cm-
rywydte verbou word.
‘n Finale opmerking
Die Argentynse stelsel kom die hoof
beginsels van bewaringslandbou na en
moet as sulks ‘n regmerkie kry. Indien die
plaaspraktyke van die drie lokaliteite weer
ontleed word, kan die afleiding gemaak
word dat dié beginsels in die behoud van
stoppeldeklae, minimum grondversteuring
en wisselbou – miskien met plaaslike
aanpassings – wel toegepas is.
Grafiek 5: Graanopbrengs as funksie van gewas en plantestand (2013/2014).
4: Vegetatiewe groei van mielies (Argentynse stelsel op Leeuwkuil:
45 000 plante/ha en 52 cm-rye).
4