Previous Page  64 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 64 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2018

62

op plaasvlak

Bewaringslandbou

In die 2012/2013-seisoen is die graansor­

ghum nie geoes nie as gevolg van groot-

skaalse voëlskade. Beter graanopbrengste

(1 009 kg/ha - 1 300 kg/ha) is in die

2013/2014-seisoen verkry, met soortgelyke

opbrengste vir beide stelsels. Daar moet

bygevoeg word dat die langtermyn-plaas­

opbrengs 3 000 kg/ha is. Die gemid­

delde graanopbrengs oor seisoene vir die

Argentynse stelsel (91 000 plante/ha) is

734 kg/ha met die plaaspraktyk (67 000

plante/ha) effens beter teen 824 kg/ha.

Vir die 2013/2014-seisoen is ‘n tendens

aangeteken dat graanopbrengs met die

verhoging in plantestand verbeter het.

Teen hierdie agtergrond sou die keuse van

‘n produksiestelsel vir graansorghum, in

wisselbou met sonneblom, vir hierdie semi-

ariede omgewing op die plaaspraktyk val.

Sonneblom

Gemeet teen die langtermyn-plaasopbrengs

van 1 200 kg/ha, is bevredigende graan­

opbrengste (1 100 kg/ha - 1 477 kg/ha) in

die laaste twee seisoene behaal. Gemiddeld

het die Arg40K (Argentynse stelsel; 40 000

plante/ha) teen 1 316 kg/ha die beste oor

die drie seisoene heen gevaar, gevolg deur

die plaaspraktyk (32 0000 plante/ha) met

1 234 kg/ha, en laastens die Arg51K teen

1 173 kg/ha. Resultate vir die 2013/2014-

seisoen toon ‘n swakverwantskap tussen

graanopbrengs en plantestand.

Met die resultate in ag genome sou die

keuse van ‘n produksiestelsel vir sonne-

blom, in wisselbou met graansorghum, vir

hierdie semi-ariede omgewing moontlik

op die Arg40K val. Indien saadkoste in

berekening gebring word, sal die plaas­

praktyk met sy laer plantestand heel

waarskynlik die ideale opsie wees.

Sojabone

Sojabone is op aandrang van die

Argentynse medewerkers aangeplant,

alhoewel dit nie kommersieel op die plaas

verbou word nie. Weens lae reënval en die

swak verspreiding daarvan, was die soja­

boonaanplantings in al drie seisoene ‘n mis­

lukking, omdat die plante te laag was om

meganies te oes.

Manjoh Ranch

Danksy die goeie 2013/2014-reënseisoen

was die vegetatiewe groei van mielies

(

Foto 3

) en sojabone uitstekend onder beide

die Argentynse stelsel en die plaaspraktyk.

Mielies

Grafiek 2

toon dat, gemiddeld oor die drie

seisoene heen, die Arg60K (Argentynse

stelsel, 60 000 plante/ha) en die Arg80K,

graanopbrengste van 9 890 kg/ha en

9 650 kg/ha, onderskeidelik, opgelewer

het teenoor die plaaspraktyk (Pls42K) se

8 160 kg/ha. Vir die 2013/2014-seisoen veral

is ‘n progressiewe toename in graanop­

brengs met ‘n toename in plantestand (soos

gemeet teen oestyd) waargeneem met

‘n opbrengsplato by 54 000 plante/ha tot

64 000 plante/ha (

Grafiek 3

).

Teen die agtergrond van dié resultate sou

die keuse van ‘n produksiestelsel vir mielies,

in wisselbou met sojabone, vir hierdie koel

humiede gebied op die Argentynse stelsel

van 54 000 plante/ha tot 64 000 plante/ha

met ‘n 52 cm-rywydte val.

Sojabone

Vir die kortseisoenkultivar (PAN 1454) was

die gemiddelde graanopbrengs 2 900 kg/ha

onder die Argentynse stelsel oor seisoene

heen hoër as dié vir die plaaspraktyk van

2 150 kg/ha. Die langseisoenkultivar (PAN

1664) het swakker gevaar onder die Ar­

gentynse stelsel teen 1 600 kg graan/ha,

Argentynse

en

plaaslike

praktyke vergelyk (Deel 2)

Grafiek 2: Mielie-opbrengste as funksie van produksiestelsels (Pls42K = Plaaspraktyk teen

42 000 plante/ha; Arg42K1 (1 m-rye), Arg42K, Arg60K en Arg80K = Argentynse stelsel teen 42 000,

60 000 en 80 000 plante/ha; Jum60K = Jumil-planter teen 60 000 plante/ha met 0,52 rye).

Grafiek 3: Mielie-opbrengs as funksie van plantestand (2013/2014).