Previous Page  65 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 65 / 84 Next Page
Page Background

63

June 2018

vergeleke met die plaaspraktyk van 1 740 kg

graan/ha. Oor seisoene en alle stelsels heen

het die kortseisoenkultivar teen 2 750 kg

graan/ha heelwat beter presteer as die lang­

seisoenkultivar teen 1 630 kg graan/ha.

Teen hierdie agtergrond sou die keuse

van ‘n produksiestelsel vir sojabone vir

hierdie koel humiede gebied soos volg

wees: ‘n Argentynse stelsel waar ‘n kort­

seisoenkultivar teen 250 000 plante/ha en

52 cm-rywydte in wisselbou met mielies

verbou word.

Leeuwkuil

Al drie die proefgewasse (mielies, sonne­

blom en sojabone) het in die 2013/2014-

seisoen goeie groei getoon (

Foto 4

op

bladsy 65) danksy goeie reënneerslae van

65 mm en 83 mm in Januarie en Februarie

onderskeidelik.

Mielies

Grafiek 4

toon dat, gemiddeld oor twee sei­

soene, die plaaspraktyk (28 000 plante/ha)

teen 6 271 kg graan/ha heelwat beter

presteer het as die Argentynse stelsel

(45 000 plante/ha) teen 5 448 kg graan/

ha. Beide stelsels het sojabone as wis­

selbougewas in die vorige seisoen

gehad. Die plaas se langtermynmielie-

opbrengs wissel van 5 000 kg/ha tot

7 200 kg/ha vir ‘n twaalf maande- en

oorlêstelsel, onderskeidelik. Die seisoe­

nale reënval vir 2012/2013 en 2013/2014

het gewissel van 415 mm tot 408 mm,

onderskeidelik. Op die sandgrond van

Leeuwkuil is in die 2013/2014-seisoen

‘n progressiewe afname in graanop­

brengs gemeet, met ‘n toename in plan-

testand (soos gemeet met oestyd –

Grafiek 5

op bladsy 65). Op die sandkleileemgrond op

Manjoh Ranch is presies die teenoorgestel­

de resultaat gevind (sien Grafiek 3).

Teen dié agtergrond sou die keuse van ‘n

produksiestelsel vir mielies vir hierdie semi-

ariede, sandgrond-gebied op die bestaande

plaaspraktyk van ‘n beitelploegbewerking

vooraf en 28 000 plante/ha in 100 cm-rye

val. Beide sonneblom en sojabone sou

oorweeg kan word as ‘n wisselbougewas.

Sonneblom

In die 2012/2013-seisoen het beide stel­

sels 1 900 kg graan/ha gelewer. In die

2013/2014-seisoen het die plaaspraktyk

(Plaas40KM) teen 40 000 plante/ha in

wisselbou met mielies 3 823 kg graan/ha

gelewer, vergeleke met die Argentynse

stelsel (Arg40KM) se 3 418 kg graan/ha

– ‘n verskil van 12%. Die plaas se lang­

termynsonneblomopbrengs wissel van

1 500 kg/ha tot 2 700 kg/ha vir ‘n twaalf

maande- en oorlêstelsel, onderskeidelik.

Daar was ‘n aanduiding van ‘n toename

in graanopbrengs met ‘n toename in

plantestand (soos gemeet teen oestyd).

Die resultate in ag genome sou moontlik

enigeen van die plaaspraktyk of Argentynse

stelsel gekies kon word as ‘n produksie­

stelsel vir sonneblom, in wisselbou met

mielies, vir hierdie semi-ariede sandgrond-

gebied.

Grafiek 4: Mielie-opbrengste as funksie van produksiestelsels [Pls28KSj = Plaaspraktyk teen

28 000 plante/ha (sojaboonrotasie); Arg38KM, Arg45KM, Arg45KSn, Arg45KSj = Argentynse stelsel

teen 38 000 en 45 000 plante/ha (monokultuur, sonneblom- en sojaboonrotasie).

3: Vegetatiewe groei van mielies (Argentynse stelsel: 60 000 plante/ha en 52 cm-rye).

3