Previous Page  92 / 143 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 92 / 143 Next Page
Page Background

90

Jaarverslag 2018

annual report 2018

Teling- en tegnologieheffing

Volgens saadmaatskappye word ongeveer 80% van sojaboonaan-

plantings en 70% van koringaanplantings jaarliks geplant met saad

wat teruggehou is. Hierdie terughouding van saad – wat wettig is

– veroorsaak ’n bose kringloop wat belegging in die sojaboon- en

koringsaadbedryf (in feitlik alle oop-bestuifde gewasse) beperk en

tot ’n groot mate voorkom. Volgens saadmaatskappye neem dit on-

geveer twaalf jaar en groot onkoste om ’n nuwe kultivar op die mark

te plaas. Sonder ’n behoorlike befondsingsmodel verhinder hierdie

praktyk om saad terug te hou dat nuwe kultivars en die jongste teg-

nologie na Suid-Afrika kom.

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye het op 22 Junie 2018

’n statutêre heffing op sojabone goedgekeur, waarvolgens saadmaat­

skappye vergoed kan word vir hul prestasie in die sojaboonsaadmark.

Die heffing wat ingevorder word, sal volgens saadmaatskappye se

markaandeel aan hulle uitbetaal word.

Graan SA sien die goedkeuring en implementering van hierdie

sojaboon teling- en tegnologieheffing as ’n groot deurbraak. Dit sal

meebring dat ons produsente toegang het tot die nuutste kultivars en

tegnologie om sodoende met ander lande te kan meeding.

Die teling- en tegnologieheffing op sojabone is vir twee jaar

goedgekeur, met ingang 1 Maart 2019. Die heffing is R65/ton vir die

eerste jaar en R80/ton vir die tweede jaar.

Hierdie waardes is bereken as 1,2% van die voorafgaande be-

markingsjare se gemiddelde sojaboonprys en sal betaalbaar wees

as produsente hulle sojabone verkoop. Vir die eerste jaar se R65/ton

is die gemiddelde prys van die 2015/2016-bemarkingsjaar vir sojabone

gebruik – 1,2% van R5 495/ton = R65/ton. Vir die tweede jaar se

R80/ton is die gemiddelde prys van die 2016/2017-bemarkingsjaar

gebruik (tot en met November 2016) – 1,2% van R6 647/ton = R80/ton.

Soos die heffing vorder (na hierdie twee jaar-termyn), sal die bedrag

dus varieer – afhangend van die tendens in die sojaboonprys en ook

na aanleiding van die vrystelling van nuwe tegnologie.

In September 2018 is die teling- en tegnologieheffing vir koring en

gars vir nog twee jaar hernu en is hawer ook hierby ingesluit. Die bedrae

vir die volgende twee bemarkingseisoene gaan R30/ton beloop.

Indices of the price of maize seed and the producer price of maize

Indekse van die prys van mieliesaad en die produsenteprys van mielies

* Preliminary/Voorlopig

Index/Indeks: 1985/1986 = 100

1985/1986

1986/1987

1987/1988

1988/1989

1989/1990

1990/1991

1991/1992

1992/1993

1993/1994

1994/1995

1995/1996

1996/1997

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

2014/2015

2015/2016

2016/2017*

2017/2018*

2018/2019*

Maize price index

Mielieprysindeks

Maize seed index

Mieliesaadindeks

2

Index

Indeks

Source: Grain SA

Bron: Graan SA

BREEDING AND TECHNOLOGY LEVY

According to seed companies, roughly 80% of soybean plantings

and 70% of wheat plantings are annually planted with seed that was

held back. The holding back of seed – which is legal – causes a

vicious cycle that limits and to a great extent prevents investment in

the soybean and wheat seed industry (in virtually all open-pollinated

crops). According to seed companies it takes about twelve years

and great expense to bring a new cultivar to the market. Without a

proper funding model, this practice of holding back seed prevents

new cultivars and the latest technology from coming to South Africa.

On 22 June 2018 the Minister of Agriculture, Forestry and

Fisheries approved a statutory levy on soybeans in terms of which

seed companies can be compensated for their performance in

the soybean seed market. The levy collected will be paid to seed

companies on the basis of their market share.

Grain SA regards the approval and implementation of this soybean

breeding and technology levy as a major breakthrough. It will mean

that producers have access to the newest cultivars and technology to

enable them to compete with other countries.

The breeding and technology levy on soybeans has been approved

for twice a year, effective from 1 March 2019. The levy is R65/ton for

the first year and R80/ton for the second year.

These values were calculated as 1,2% of the average soybean

price for the preceding marketing years and will be payable when

producers sell their soybeans. For the first year’s R65/ton the

average price of soybeans for the 2015/2016 marketing year

was used – 1,2% of R5 495/ton = R65/ton. For the second year’s

R80/ton the average price for the 2016/2017 marketing year was

used (up to November 2016) – 1,2% of R6 647/ton = R80/ton.

Therefore, as the levy continues (after this two-year term), the

amount will vary depending on the trend of the soybean price and

also the release of new technology.

In September 2018 the breeding an technology levy for wheat and

barley was also renewed for a further two years and oats was included.

The amounts for the next two marketing seasons will be R30/ton.

2 500

2 000

1 500

1 000

500

0