Previous Page  101 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 101 / 108 Next Page
Page Background

Simbiose

– in die natuur, tussen mens en dier of

mense onderling

GRAAN SA

/

SASOL

FOTOKOMPETISIE

KOMPETISIEREËLS

1. Inskrywings moet die tema, “Simbiose”, uitbeeld.

2. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit die neem van

foto’s nie) mag vir die kompetisie inskryf.

3. Onaanvaarbare gemanipuleerde foto’s sal nie aanvaar word nie. Onaanvaarbare ma-

nipulasie van foto’s behels in wese die byvoeging van visuele elemente wat aanvanklik

nie in die foto was nie (byvoorbeeld wolke of plantegroei), asook die uithaal van beeld-

elemente wat die konteks of tema van die foto verander (byvoorbeeld ‘n onooglike en

substantiewe beeldelement iewers in die foto). Aanvaarbare manipulasie behels die

volgende: Die verandering van die foto se oorspronklike dimensies (

cropping

– gegewe

dat dit nie die konteks of onderwerp verander nie), verstellings aan onderbeligte of

oorbeligte dele (

exposure adjustments

) en verstellings aan die kleurtemperatuur

(die algemene kleurtint van die foto –

colour temperature correction

). Indien twyfel

ontstaan oor die mate van manipulasie, mag die beoordelaars versoek dat die oor-

spronklike ongemanipuleerde foto beskikbaar gestel word.

4. Slegs e-posinskrywings sal aanvaar word. Die foto’s mag nie kleiner as 1 MB of groter

as 10 MB elk wees nie – in JPG-formaat.

5. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp handel as

foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf word, mag

ook nie voorheen gepubliseer wees nie.

6. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif, asook sy posadres en telefoonnommer/s, saam met

die foto verskaf.

7. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil) per

uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie foto’s wat

ontvang word, vir die kompetisie in aanmerking geneem word.

8. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes nie

inskryf nie.

9. Persone op die foto moet geïdentiseer word (verskaf noemnaam en van).

10. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings wat

ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie ingeskryf

word.

11. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook verteenwoordigers

van

SA Graan/Grain

en Sasol, sal die foto’s maandeliks beoordeel.

12. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA. Die foto’s sal in ‘n databank ge-

bêre word en Graan SA en Sasol mag dit vir toekomstige promosie-, bemarkings- en

publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in daartoe en geen

eise van derde partye vir skending van kopiereg kan ingedien word nie.

13. Werknemers van Sasol, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie inskryf nie.

14. Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompetisiereëls

voldoen nie, af te keur.

Vanjaar se Graan SA/Sasol-fotokompetisietema “Simbiose” (Grieks:

Syn

= saamwees +

bios

= lewe) beteken letterlik “saamlewe” en

verwys na enige direkte en intieme saamleefverhouding tussen twee

organismes van verskillende spesies.

Kyk rondom jou met ‘n kreatiewe oog en stuur vir ons jou inter-

pretasie van die unieke tema. Is dit dalk ‘n by op ‘n sonneblom

of ‘n heuningbekkie wat aan die aalwyn se nektar smul? Die

plaaswerker wat ‘n bees melk? Of ‘n produsent wat na die pas-

ontkiemde mielies kyk? Verras ons met jou foto’s van die tema.

R48 000 te wen!

Vanaf Januarie 2018 word daar elke maand, vir twaalf uit-

gawes aaneen, ‘n wenner deur ‘n paneel beoordelaars

aangewys – met ‘n kontantprys van R1 500 elk. Die twaalf

naliste kom aan die einde van 2018 in aanmerking

om die wenner van die jaarlikse kompetisie (en dus

die tema “simbiose”) te wees. Die prysgeld vir daar-

die kompetisie lyk soos volg:

R15 000

(wenner),

R10 000

(naaswenner) en ‘n derde prys van

R5 000

.

Baie dankie aan Sasol wat weer hierdie jaar die prysgeld

borg.

Stuur foto’s na

elmien@infoworks.biz

. Onthou om jou naam, posadres,

telefoonnommer en ‘n byskrif vir die foto saam te stuur.

Dit is droog en die skape moet gevoer word, maar vir klein

Anke en Nelé het die skape se kos hul gunsteling speelplek geword.

Alta Groenewald van Grabouw se prettige foto ontvang

n tweede plek.

In die derde plek is Anél Steenkamp van Middelburg met ‘n foto

getiteld “Suutjies trap” wat die wonder van die natuurlewe

uitbeeld.

2

de

3

de

In die Bethlehem-omgewing het Amanda van Blerk gesien dat die wagter en kudde interafhanklik is. Met hierdie wenfoto van die

Junie-kompetisie getiteld “Oog van die meester maak die vee vet” steek sy die prysgeld van R1 500 in haar sak.

wenfoto

vir junie

SLUITINGSDATUMS:

Augustus 2018: 2 Augustus

September 2018: 4 September