Previous Page  3 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 27 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 6

WANNEER JY AAN

MENSE TERUGDINK, IS

DIT ALTYD MOEILIK OM

IEMAND SPESIFIEK UIT

TE SONDER. DIT IS EGTER

ONMOONTLIK OM NIE DIE

DRIE MUSKETIERS VAN

BLOEMFONTEIN, MOOS

HADDAD, HANNES VAN

WYK, GEORGE STEGMANN

EN HUL GADES, TE

VERMELD NIE. HULLE WAS

DIÉ MET DIE GROOT IDEE

(VAN ’N OESDAG) IN 1966.

– Mnr Dennis von Abo,

Oesdagdirekteur; 1983.

Dié drie musketiers wie se plase noord van Bloemfontein aan mekaar gegrens het,

het die daad by die woord gevoeg en op 7 en 8 Junie 1967 is die eerste SAMPI Oes-

dag op Donkerhoek – Van Wyk se plaas – naby Bloemfontein gehou. In totaal het agt

uitstallers deelgeneem en 203 mense het dit bygewoon. Hierdie beskeie begin was

die ontstaan van ’n landbougefokusde, behoeftegedrewe handelskou wat konstant

gegroei het en teen 2016 is 685 uitstallers en 75 116 besoekers geakkommodeer.

“Ons het die Oesdag begin omdat ons boere en masjinerievervaardigers by mekaar

wou uitbring. Vir mielieboere was die sestigerjare ’n oorgangstyd na grootskaalse

meganisasie en losmaathantering van grane. Daar was ’n wesenlike behoefte om

trekkers en implemente op ’n groter skaal te sien as wanneer slegs een maatskappy

sy produkte op jou plaas demonstreer,” het Van Wyk aan

Mielies/Maize

(voorgan-

ger van

SA Graan/Grain

) in die April 1989-uitgawe gesê. Die droom was dus om ’n

platform te skep waar verskaffers van meganisasiewerktuie en produsente mekaar

ontmoet sodat ingeligte produksie- en aankoopbesluite geneem kan word.

Van Wyk vertel verder dat dit bloedsweet gekos het om die eerste Oesdag te orga-

niseer. Trekker- en implementvervaardigers moes oorreed word om deel te neem.

Uiteindelik het agt maatskappye ingestem en Lister het ’n kragopwekker verskaf.

Streeksgebaseerde Oesdae volg

Haddad se plaas, Hopefield, is aangewys as basis van SAMPI se Oesdag vanaf

1968. Aangesien Hopefield teenaan die Bloemfontein/Bultfontein-teerpad geleë is,

was sy beter toeganklikheid waarskynlik die rede waarom die Oesdag tot en met

1972 daar gehou is.

MEGANISASIE-UITSTALLERS TYDENS 1STE OESDAG IN 1967

1. Malcomess

2. Sentraalwes Koöperatiewe Maatskappy

3. International Harvester

4. John Deere

5. John Roderick & Southy

6. Lambons

7. Lifa

8. Mangolds

’n Geraamde weergawe van die eerste

Oesdag se plakkaat hang in die adminis-

tratiewe kantore op NAMPO Park.

Een van die vroegste Oesdae uit die lug gesien – teen ongeveer 1969.