DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄ
EK VERTROU DAT DIE
OESDAG NOG EENDAG
WÊRELDBEROEMD
SAL RAAK SOOS DIE
BLOMMEFEES VAN
HOLLAND, DIE RYNFEESTE
VAN DUITSLAND EN
WINDHOEK SE KARNAVAL.
– Die eertydse direkteur
van SAMPI, dr Willie Kotze,
in 1967 na afloop van die
heel eerste Oesdag.
Video: Mnr Crawford von Abo vertel oor die
ontstaan van die Oesdag.
NAMPO OESDAG
Graan SA se
Wat in 1967 begin is as ’n geleentheid vir mielieprodusente om
meganisasietoerusting op ’n nie-mededingende basis op een
plek teen mekaar op te weeg, het inderdaad gegroei tot ’n ge-
diversifiseerde landbouhandelskou van internasionale formaat.
Na 50 jaar word Graan SA se NAMPO Oesdag teen 2016 gereken as die toon-
aangewende vertoonvenster van landbou in suidelike Afrika; en behels selfs meer
as dit: Dit is ’n ruitverwysing van vooruitgang in landbou; ’n tegnologie-telbord – en
’n jaarlikse instelling wat ’n samehorigheidsgevoel onder landbouers versinnebeeld.
’n Oud-hoofbestuurder van NAMPO én Graan SA – en ’n Oesdagpionier in eie reg
– mnr Giel van Zyl, verwoord die landbougemeenskap se sentiment soos volg:
“Die Oesdagprojek se grootste bydrae benewens die feit dat dit ’n inkopieplek vir
landbouers is, is die samehorigheid wat dit onder alle graanboere skep, want dit
is iets wat deur hulle opgebou, beman en bestuur is. Tewens, daar is min dinge
wat soveel trots by graanboere skep soos die Oesdag.” Van Zyl reken voorts die
Oesdag is ’n verlengstuk van mense in landbou se insette oor jare om die beste
belang van die graanprodusente te propageer as deel van die graanbedryf se stryd
om erkenning en oorlewing.
ONTSTAAN EN VESTIGING
SAMPI, oftewel die Suid-AfrikaanseMielieprodusente-instituut, is in 1966 gestig deur
mielieprodusente wat ontevrede was met die feit dat diegene wat die mieliebedryf
hanteer het nie bona fide-mielieboere was nie én hulle verkeerde hantering van die
ekonomiese sake van die bedryf. Vir SAMPI was dit ’n uitdaging om as nuutgestigte
mielieprodusente-organisasie deur die toue te klim teen die regeringsgesteunde
mielie-spesialiteitsorganisasie (SAMSO) en georganiseerde landbou. ’n Gemeen-
skaplike strewe na behoorlike en demokratiese verteenwoordiging het egter die
jonge SAMPI leeuemoed gegee om die “groot mieliestryd” met durf aan te pak.
Die Oesdag het sy ontstaan te danke aan die inisiatief van drie produsente van
Bloemfontein, mnre Moos Haddad, Hannes van Wyk en George Stegmann – al drie
lede van die destydse SAMPI-distriksbestuur van Bloemfontein.
Mnre Moos Haddad, Hannes van Wyk en George Stegmann was die stigterslede van die
SAMPI Oesdagprojek. Die eerste Oesdag is op 7 en 8 Junie 1967 in die Bloemfontein-
distrik gehou.
“
”