Background Image
Previous Page  8 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 8 / 128 Next Page
Page Background

< 6

nampo 2017

Oesdag/Harvest Day

www.nampo.co.za

Kom droom

by die Oesdag

Estie de Villiers, redakteur:

SA Graan/Grain

B

y NAMPO leer ken die boerdery-

familie mekaar beter en word

nuwe vennootskappe en vriend-

skappe gesluit.

Só gesels mnr Jannie de Villiers (uitvoerende

hoofbestuurder: Graan SA) oor die organisa-

sie se NAMPO Oesdag wat van 16 tot 19 Mei

op NAMPO Park aangebied word.

“In wese het die doelwit van die Oesdag oor

tyd nog nooit verander nie: Dit het steeds

ten doel om vir produsente die geleentheid

te bied om al die nuutste tegnologie op een

terrein met mekaar te vergelyk en insetver-

skaffers te ontmoet,” het hy gesê.

Droom groot

“Ek wil dit vanjaar veral op klein-, nuwe- en

beginnerboere se hart druk: Besoek NAMPO.

By die Oesdag moet jy kan kom droom. Kom

droom oor daardie groot stroper of nuwe

trekker – kom droom oor ‘eendag’.

“Die NAMPO Oesdag is die ideale geleentheid

om inligting in te samel en raad te vra. Die land

se beste insetverskaffers, landboukundiges

en bemarkers kom hier bymekaar. Neem die

vrymoedigheid om met hierdie mense te kom

gesels. Moenie skaam wees nie. Vra vrae, ruil

inligting uit en leer by ander.

“Hier kan jy ook medeprodusente ontmoet

– met ander produsente ‘netwerk’ en hoor

hoe hulle dinge in hul boerderye doen; wat

vir hulle werk. Vra jouself af: ‘Waarheen is

ek met my boerdery op pad?’” verduidelik

De Villiers entoesiasties.

“As jy na diversifikasie op jou plaas wil

kyk, by ‘n entrepreneurskapbesigheid be-

trokke wil raak of na ‘n waardetoevoegings­

Graan SA/Grain SA

geleentheid op soek is, is NAMPO die plek

om te wees. Hier kan jy inligting kry oor

verwerking van produkte op die plaas, die

oprigting van silo’s, voerkrale, die wild-

bedryf, vervoerbesighede – te veel om op

te noem. Dalk kan jy die verspreider van ‘n

sekere implement in jou omgewing word?

Kom vind uit hoe jy dit kan doen en hoe jy by

‘n besigheid betrokke kan raak,” het hy gesê.

“NAMPO bied natuurlik ook die perfekte

geleentheid vir ‘n persoon wat kommer-

siële landbou as besigheidsgeleentheid

oorweeg om te kom seker maak waarin hy

hom wil ‘begeef’.”

Insetverskaffers

Volgens De Villiers beskou ‘n groot aantal

insetverskaffers NAMPO ook as dié beste

tyd om nuwe produkte aan produsente

bekend te stel of spesiale aanbiedings vir

produsente aan te bied.

“Hier kan insetverskaffers ook hul maatskap-

py teen ander maatskappye meet (

bench-

mark

). Is hulle nog op die regte pad? Wat is

nuwe tendense in die mark? Hoe benader

die ander maatskappye bemarking?”

Tydens NAMPO is dit ook juis dié tyd om

met vennote (

partners

) te gesels oor die

pad vorentoe.

“Jy sal oral mense met mekaar sien gesels;

daar word informele vergaderings gehou

en nuwe vennootskappe en vriendskappe

word in die ontspanne atmosfeer wat daar

by NAMPO heers, gesluit,” het hy gesê.

Beeldbougeleentheid

En dan is die Oesdag natuurlik ‘n beeld-

bougeleentheid vir die organisasie.

“Al gaan dit soms swaar in boerdery (veral

soos verlede jaar met die erge droogte wat

in die land geheers het) kry jy by die Oesdag

‘n beeld van ‘n lewenskragtige, groeiende

sektor. Hier sien ‘n mens nuwe geleenthede

en nuwe produkte; nuwe groei.

“Met die hoë koers van verstedeliking is kom-

mersiële landbou die enigste oplossing tot

volhoubare voedselsekerheid. Die Oesdag is

‘n toonbeeld van hoe kommersiële landbou

voedselsekerheid vir stedelinge bied. “Die

verbruiker sien hier dat boerdery ‘n besig-

heid is. Dit is nie sommer net ‘n lewens­

wyse of ‘n stokperdjie nie of iets wat jy oor

naweke bedryf nie. Graanboerdery is hoogs

tegnologies en wetenskaplik.”

Vennote

Graan SA doen ook jaarliks moeite om po-

litici, beleidmakers en regeringsamptenare

uit te nooi om die Oesdag te besoek en om

hulle te ontvang en rond te wys.

“Ons sien politici en beleidmakers as ‘n be-

langrike vennoot in ons besigheid. Ons kan

nie voedsel volhoubaar in die land produ­

seer as hulle nie betrokke is nie. By die

NAMPO Oesdag kry dié mense die geleent­

heid om op grondvlak te sien hoe produ­

sente te werk gaan (

operate

) – om hulle

derhalwe van nader te ontmoet, deel van

hulle wêreld te word en kommersiële land-

bou eerstehands te ervaar,” sê De Villiers.

“Hierdie mense bring die meeste van hul

tyd in kantore, vergaderings en raadsale

deur – hier op NAMPO Park kan hulle sien

met watter uitdagings produsente daagliks

gekonfronteer word en dit kan bydra tot ‘n

beter begrip vir produsente.”

Voorkeurbehandeling

vir lede

“Met die Oesdag wil ons ook ons waardering

teenoor ons lede uitspreek vir hul volgehoue

ondersteuning en dat hulle, ten spyte van ‘n

moeilike landboujaar verlede jaar, steeds hul

heffing betaal het,” het De Villiers gesê.

“Ons wil hulle graag by die Oesdag bederf;

vir hul voorkeurbehandeling gee. Alle op-

betaalde lede kry gratis toegangskaartjies

en hulle het hul eie parkering en toegangs­

hek. Hulle word boonop met ‘n gholfkar-

retjie tot by die ledelokaal vervoer, waar

ons hulle ontvang en hul gedurende die

dag gesellig kan verkeer en ontspan,” het

De Villiers afgesluit.

Jannie de Villiers en Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA) tydens verlede jaar se NAMPO Oesdag.

By die Oesdag vind daar heelwat informele vergaderings tussen die organisasie en inset­

verskaffers plaas.