Background Image
Previous Page  3 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 128 Next Page
Page Background

Verandering

E

k is nie lief vir verandering nie – seker soos die meeste van

ons. Toe ons sewe jaar gelede van die Noordwes Provinsie af

Nelspruit toe getrek het, het ek amper vir ‘n hele maand ge-

huil totdat die treklorrie voor ons huis gestop het en ek besef

het: Dit is nou so; daar is nie omdraaikans nie.

Ons is gek oor tuinmaak en het entoesiasties in die nuwe tuin in-

gespring. Oral rose en laventelbosse geplant – presies soos in ons

tuin in Klerksdorp. Want “in die Laeveld druk jy net ‘n stok in die

grond dan groei dit” – of so het ons gehoor. Wonderlik! Geen ryp

nie – ons sou heeljaar ‘n pragtige groen tuin hê.

Ek wonder hoeveel duisende rande ons verloor het aan plante wat

gevrek het...wat net nie hier geaard het nie. Die een pestilensie na die

ander het dit geteister en alhoewel alles aanvanklik so pragtig hier

groei, dit nooit ryp nie en aan die begin amper elke aand gereën het,

is hier swamme en roes en goggas waarvan ons nog nooit voor ons

skuif gehoor het nie, wat ons plante aangeval het! Totdat ons besef

het:

Adapt or die

.

Dit was ‘n nuwe klimaat; ander grond. Ons sou inheemse plante

of plante wat by die spesifieke klimaat aangepas is, moes plant:

Vreemde plante wat ons glad nie geken het nie. En vandag is ons

dol oor ons Laeveldse tuin vol bromelia’s, orgideë, takbokvarings en

lugplante – sonder rose en fyntuin.

eienaar/uitgewer

graan sa

POSBUS 74087, LYNNWOOD RIDGE, 0040

Tel: 086 004 7246

www.grainsa.co.za

REDAKSIE

Dr Dirk Strydom

BESTUURDER: GRAANEKONOMIE EN BEMARKING

Tel: 086 004 7246 • Sel: 082 852 4810

E-pos:

dirks@grainsa.co.za

besturende redakteur:

Johan Smit

Tel: 018 468 2716 • Sel: 082 553 7806

E-pos:

johan@infoworks.biz

redakteur

: Estie de Villiers

Tel: 081 236 0534

l

Sel: 083 490 9449

Faks: 086 275 4157

E-pos:

estiedv@mweb.co.za

advertensieverkope

KOLBE MEDIA

– kaapstad

Jurgen van Onselen – Advertensiekoördineerder

Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874

E-pos:

jurgen@kolbemedia.co.za

INFOWORKS MEDIA PUBLISHING

– Johannesburg

Ruth Schultz – Advertensiekonsultant

Tel: 081 480 6413 • Sel: 072 855 2450

E-pos:

ruth@infoworks.biz

ISSN 1814-1676

Net só moet ‘n produsent ook voortdurend aanpas – of ondergaan.

Aanpas by ‘n veranderende omgewing; ‘n wisselvallige mark; ander

bewerkingspraktyke; nuwe tegnologie. En waar is ‘n beter plek

om op hoogte van die nuutste tendense te kom as by Graan SA se

NAMPO Oesdag? Alles “onder een dak” bymekaar.

Soos wat Cobus van Coller (voorsitter van die Oesdagkomitee) tereg

sê: “Die NAMPO Oesdag bied produsente die nuutste en mees ge-

vorderde tegnologie op een plek, om mededingend en volhoubaar te

kan boer. Hier kan jy sien wat daar in die mark beskikbaar is, sodat jy

kan beplan of nuwe planne vir die komende jaar kan maak.

“NAMPO bly die plek waar ‘n produsent prakties kan waarneem wat

daar in die mark beskikbaar is en wat die nuutste landboutegnologie

bied. Jy kan met kundiges gesels sodat jy ‘n ingeligte besluit oor jou

boerdery kan neem,” het hy gesels. Die tema van vanjaar se Oesdag

is juis: “Ontvou die toekoms”.

“Die organisasie wil steeds verseker dat die NAMPOOesdag dié beste

platform en markomgewing vir die nuutste innovasie, tegnologie

en inligting aan die landboubedryf is,” het Toit Wessels (assistent-

bestuurder: NAMPO en Bemarking, Graan SA) entoesiasties vertel.

Hierdie spesiale NAMPO-uitgawe bied ‘n goeie oorsig van wat jy

van vanjaar se Oesdag kan verwag en van wat die uitstallers by

hulle standplase en stalletjies aanbied. Met meer as 700 uitstallers

wat aan die Oesdag deelneem, is daar ook heelwat nuwe uitstallers

in die nuwe, uitgebreide terrein – naby die saadplotte – en volgens

Cobus fokus hulle vanjaar veral op bewaringsboerderytoerusting

en -tegnologie.

Daar is verder ‘n hele paar nuwighede waarna Oesdaggangers

kan uitsien: ‘n Nuwe demonstrasiebaan vir motorfietse,

quads

en

side-by-side’s

, die jeugskou wat soggens in die bees-/perde-arena

plaasvind en nuwe oorsese uitstallers wat vanjaar bykom. Die

dames sal veral verheug wees om te hoor dat die Vroueprogram

terug is en dat daar nuwe uitstallers (spesiaal vir die dames) by-

gekom het. Lees op bladsy 4 en 5 meer oor wat om van vanjaar se

Oesdag te verwag en op bladsy 8 en 9 wie wanneer by die Vroue-

program gaan gesels.

Ondersteun ons adverteerders

Doen asseblief moeite en gaan maak ‘n by draai by ons adverteerders

en ondersteun hulle. Sonder hulle sal so ‘n spesiale uitgawe nie moont-

lik gewees het nie. Baie dankie aan elkeen van ons adverteerders.

Sien jou by NAMPO!

Estie de Villiers

Redakteur:

SA Graan/Grain