Background Image
Previous Page  6 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 128 Next Page
Page Background

< 4

nampo 2017

Oesdag/Harvest Day

www.nampo.co.za

Ontvou die toekoms

by NAMPO 2017

Estie de Villiers, redakteur:

SA Graan/Grain

N

AMPO is elke jaar ‘n hoogtepunt op menige produsent

se kalender, maar hoekom moet produsente elke jaar

Graan SA se NAMPO Oesdag bywoon? Watter waarde hou

dit vir hulle in?

Sonder om te aarsel antwoord mnr Cobus van Coller (voorsitter van

die Oesdagkomitee): “‘n Produsent in Suid-Afrika moet meeding met

gesubsidieerde, internasionale produsente. Die NAMPO Oesdag

bied produsente die nuutste en mees gevorderde tegnologie op een

plek om mededingend en volhoubaar te kan boer.

“Tweedens moet ‘n produsent die Oesdag besoek om te sien wat

daar in die mark beskikbaar is en om te beplan of nuwe planne vir

die komende jaar te maak. Die Oesdag bly die plek waar ‘n produsent

prakties kan waarneem wat in die mark is en wat die nuutste land-

boutegnologie bied. Jy kan met kundiges gesels sodat jy ‘n ingeligte

besluit oor jou boerdery kan neem.

“Derdens kom produsente Oesdag toe om met mede-landbouers te

kommunikeer; te klank of jy as produsent nog op die regte pad met

jou besigheid is. En natuurlik om in ‘n ontspanne atmosfeer weer

vriendskapsbande te smee – en selfs nuwe vriende te maak,” het

hy gesê.

Nie uitsluitlik vir produsente nie

“Die Oesdag is lankal nie meer uitsluitlik net vir produsente nie; dit

is deesdae eerder ‘n gesinsuitstappie. Die dames sal veral bly wees

om te hoor dat die Vroueprogram weer terug is,” het hy gesê. “Dit

vind soggens van 09:45 tot 13:00 in die wit tent naby die Polkadot

Teetuin plaas. Dames kan ook uitsien na ‘n paar nuwe en ‘n bietjie

meer damesuitstallings by die Oesdag.”

Graan SA/Grain SA

Cobus moedig produsente ook aan om ‘n

plan te maak om hul arbeiders saam Oes-

dag toe te bring. “‘n Produsent se groot-

ste en belangrikste bate op sy plaas is sy

werknemers. Jy sorg vir ‘n wenspan as jy

jou werknemers deurlopend op hoogte hou

van jou doel en visie vir die boerdery. Dit is

ook belangrik dat hulle sien teen watter pas

en tempo landbou wêreldwyd verander en

dat hulle daarby sal moet aanpas.

“By NAMPO kan hulle ook sien watter

belangrike rol hulle in landbou speel en

wat hul bydrae tot voedselsekerheid is,”

benadruk Cobus.

Nuut by die Oesdag

Vernuwing is aan die orde van die dag. Die-

gene wat nie bybly met vernuwing nie, bly

agter en daarom maak die Oesdagkomitee

jaarliks seker dat die handelstentoonstelling

aan die voorpunt bly van dít wat nuut in die

mark is.

1: Cobus van Coller

2: Toit Wessels

Figuur 1: ‘n Skematiese voorstelling van die nuwe demonstrasiebaan wat vir motorfietse,

quads

en

side-by-side’s

gebou word.

1

2