Background Image
Previous Page  11 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 128 Next Page
Page Background

Graan SA/Grain SA

Luister na mooi stories

Lizz Meiring het geen bekendstelling nodig nie. Sy word beskou as

een van Suid-Afrika se mees veelsydige vermaaklikheidsbedryf­

sterre en is bekend van aktrise tot draaiboekskrywer en is selfs ‘n

gekwalifiseerde afslaer.

Sedert sy 33 jaar gelede die bedryf betree het, was sy nog nooit

werkloos nie. Sy het die bynaam

Bizzie Lizzie

gekry omdat sy soms

aan tot ses of meer produksies tegelyk werk. Tydens NAMPO gaan

sy die rare, ware geskiedenis van skoonheid aan dames kom oordra.

In hierdie solostuk, "Mooi storie" vertel sy die onvertelde, verskuilde

verhale van die estetiese geskiedenis. Die stuk word beskryf as

slimsnaaks, verrassend, uniek, hartroerend, warmhartig en bowen-

al vermaaklik.

Kom luister na dié waarheid op die volgende tye:

Dinsdag om 11:00;

Woensdag om 12:00;

Donderdag om 11:00; en

Vrydag om 10:00.

Borge

Sonder borge sal die Vroueprogram beslis nie kan plaasvind nie.

‘n Groot dankie aan die volgende instansies:

VIA

– hoofborg van die Vroueprogram.

Standard Bank vir die borg van Lizz Meiring.

GL Events wat die tent vir die program beskikbaar stel.

Agrisell – ‘n byko-

mende borg van die

Vroueprogram.

5: Lizz Meiring

5