Background Image
Previous Page  7 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 7 / 128 Next Page
Page Background

< 5

www.nampo.co.za

nampo 2017

Oesdag/Harvest Day

Graan SA/Grain SA

Volgens mnr Toit Wessels (assistent-bestuurder: NAMPO en

Bemarking, Graan SA) is die tema van vanjaar se Graan SA NAMPO

juis “Ontvou die toekoms”.

“Die organisasie wil steeds verseker dat die NAMPO Oesdag dié

beste platform en markomgewing vir die nuutste innovasie, tegnolo-

gie en inligting aan die landboubedryf is,” het hy gesê.

Cobus beaam dit: “700 plus uitstallers sal aan vanjaar se NAMPO

Oesdag deelneem. Ons het ook heelwat nuwe uitstallers in die

nuwe, uitgebreide terrein – naby die saadplotte. Ons fokus vanjaar

ook veral op bewaringsboerderytoerusting en tegnologie.”

Volgens dié twee kan besoekers aan die Oesdag vanjaar na ‘n hele

paar nuwighede uitsien:

Hulle is tans besig om nog standplase in die omgewing van die

saadplotte uit te brei en uitstalplekke naby die hoofingang (by die

Gedenkmuur) word ook ontwikkel.

Die bestaande 4x4-baan is opgegradeer en daar word ook ‘n

nuwe demonstrasiebaan (sien

Figuur 1

) vir motorfietse,

quads

en

side-by-side’s

op die nuwe ontwikkeling van die terrein gebou.

Die tentehotel skuif na waar die ploegkompetisie vroeër jare

gehou is (by Hek 3) en ‘n nuwe ablusieblok is hier aangebou.

Daar is nog oorsese uitstallers wat vanjaar bykom – vanaf

Kanada, die Verenigde Koninkryk, Rusland en Indië. Daar is

ook vanjaar vir die eerste keer ‘n Kanadese Paviljoen. Die ander

oorsese uitstallers van Argentinië, Israel, Frankryk, Amerika en

Italië sal weer teenwoordig wees.

Die jeugskou sal soggens in die bees-/perde-arena plaasvind.

Cobus sonder ook die saadplotte uit. “Maak gerus ‘n draai by die

saadplotte, waar verskeie gewasse geplant is sodat Jan Alleman

(veral stadsjapies) ‘n bietjie deur die gewasse kan stap en sien hoe

die gewasse vertoon.”

Internasionale jong afslaerskompetisie

Nog ‘n eerste by die Oesdag is die Toyota/Veeplaas/Graan SA in-

ternasionale jong afslaerskompetisie wat tydens NAMPO 2017

plaasvind. Dit is die eerste internasionale afslaerskompetisie wat in

Afrika gehou word.

Dit is ook een van die enigste geleenthede in die wêreld waar lande

se jong afslaers teen mekaar kan deelneem. Die Suid-Afrikaanse

jong afslaer van die jaar, mnr Steven Mathews, neem deel teen onder

andere afslaers van Namibië, Botswana, Argentinië en Amerika.

Dit vind vanaf Dinsdag, 16 Mei tot Donderdag, 18 Mei tussen 14:00

en 16:00 by die veilingskompleks op NAMPO Park plaas.

Enige persoon wat betrokke is in die lewendehawebedryf of wat

belangstel in die afslaersbedryf sal dit geweldig interessant vind

om te sien (en te hoor!) hoe die verskillende lande se afslaers hul

vaardighede uitleef.

Bywoningsgetalle

Die 50ste Oesdag is verlede jaar aangebied en ‘n rekordgetal besoe­

kers het die Oesdag oor die vier dae besoek – ten spyte van ‘n droë,

uitdagende jaar vir landbouers. Op ‘n vraag of hulle vanjaar meer be-

soekers by die Oesdag verwag met die gunstige landboustoestande

wat daarbuite heers, antwoord Cobus: “Die landboubedryf se getalle

het oor die jare dieselfde gebly (en daal dalk selfs bietjie) as gevolg

van die ekonomie van skaal in landbou – kleiner boerderye word

deur groter boerderye oorgeneem, maar ons sien jaarliks dat daar

al hoe meer besoekers vanuit die buiteland (oorsee en Afrika-lande)

asook die verbruiker (stadsjapies) is wat die Oesdag besoek.

“Daar is natuurlik ‘n paar faktore wat ook die besoekersgetal bepaal,

soos die weer tydens die Oesdagweek en die aktiwiteite waarmee

produsente op daardie tydstip van die seisoen op hul plase besig is:

In die somersaaigebied begin produsente gewoonlik dan te oes en

in die wintersaaigebied is produsente klaar of amper klaar geplant.

Oesdagkomitee

Toit het die Oesdagkomitee en Oesdagpersoneel bedank vir hul

hulp en leiding met die reël van die Oesdag. “Die Oesdagkomitee

is my ‘reëls en beleidmakers’ en die span wat my ondersteun met

hul jarelange kennis en ondervinding van NAMPO. Hulle is ook die

sleutelpersone wat voor NAMPO en die week van NAMPO werk en

my arms hoog hou,” vertel Toit.

3: Die NAMPO Oesdag is besig om sy vere reg te skud vir die 51ste Oesdag wat van 16 Mei tot 19 Mei op NAMPO Park, naby Bothaville,

gehou sal word.

3