Background Image
Previous Page  10 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 128 Next Page
Page Background

< 8

nampo 2017

Oesdag/Harvest Day

www.nampo.co.za

Vroueprogram weer terug

– Dié wit tent bied opwindende program

SA Graan/Grain

redaksie

G

oeie nuus, dames, die Vroueprogram is terug! Ná twee

jaar se afwesigheid keer dié gewilde program met ‘n nuwe

hoofborg en splinternuwe ligging terug na Graan SA se

NAMPO Oesdag.

VIA

, die Afrikaanse, 24-uur vermaak-leefstylkanaal wat kraakvars

leefstyl- en realiteitsprogramme aanbied, is die hoofborg van 2017

se Vroueprogram. Vanjaar se program word daagliks van 09:45 tot

13:00 in die groot, wit tent wat naby die teetuin opgerig is, aangebied.

Ná afloop van die program kan die skoner geslag oor ‘n koppie tee

oor een van die volgende onderwerpe wat by die Oesdag aangebied

gaan word, gaan gesels.

Kry sielskos vir die dag

Retha de Villiers, die vrou aan die sy van Graan SA se uitvoerende

hoofbestuurder, Jannie de Villiers, gaan elke oggend die program

om 09:45 met ‘n besondere boodskap open.

Hierdie ma van drie het ‘n passie en roeping vir die opbou en ontwik-

keling van Christenvroue en lei sedert 1990 ‘n vrouebybelstudiegroep

by die NG Gemeente

Moreletapark. Sy is deel

van ‘n internasionale

vrouebediening, “Revive

our hearts, South Africa”,

wat vroue help om God

se ontwerp vir hul lewens

te ontdek en om hierdie

waarhede ook doelbe-

wus aan die volgende

generasie oor te dra.

Graan SA/Grain SA

Kuier in die plaaskombuis

Elma Postma, aktrise en eerste aanbieder van die

Boer soek ‘n vrou

-

reeks, kom saam met Arina du Plessis (kosredakteur:

Landbouweek-

blad

) in die

Plaaskombuis

in die groot, wit tent kuier.

Landbouweekblad

stel tydens die Oesdag die tiende uitgawe van

hulle gewilde glanskostydskrif,

Landbou Boerekos

, bekend. Die tema

van die nuutste uitgawe is “Kook en kuier in die Oos-Vrystaat”. Hul

fokus in die tydskrif op eg Oos-Vrystaatse boerekos, streekskos met

plaaslike bestanddele en kuier in plaaskombuise.

Elma en Arina gaan tydens NAMPO fokus op Oos-Vrystaatse

plaasprodukte en resepte demonstreer uit die nuwe reeks van

Plaaskombuis

(

Landbouweekblad

se kosprogram op

VIA

).

Só lyk hulle program:

Appels – tert, slaai en sop, Dinsdag om 10:00;

Mielies – polenta, paptert en wafels, Woensdag om 11:00;

Vleis – kerrie, boerewors en sosaties, Donderdag om 10:00; en

Suiwel – melktertgevulde pannekoek, melkkos, macaroni-en-

kaasskywe, Vrydag om 12:00.

My plek of joune?

Isabel Barends, die aanbieder van die

VIA

-reeks,

My plek of joune?

is

die eienaar van die dekoronderneming Love Lemon Interiors in Kaap-

stad. Dié reeks handel nie net oor die dekor-aspek nie, maar fokus

ook op die persoonlike verhoudings tussen huisbewoners.

Al het sy van jongs af ’n liefde vir dekor gehad, het sy eers na die

geboorte van haar eerste kind ‘n kursus in interieurontwerp gevolg

en toe besef dit is haar passie. Vir haar is goeie voorbereiding die

belangrikste stap om ‘n projek suksesvol af te handel.

Haar NAMPO-temas sluit in:

Dekor 101 – Só pak jy dekor aan, Dinsdag om 12:00;

Die toorkrag van ‘n verfkwas, Woensdag om 10:00;

Divas doen dit self, Donderdag om 12:00; en

Die duiwel is in die detail – Vrydag om 11:00.

1: Retha de Villiers

2: Elma Postma

3: Arina du Plessis

4: Isabel Barends

1

2

3

4