Background Image
Previous Page  9 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 76 Next Page
Page Background

7

KANTLYN

Op die

May 2017

13 t/ha/jaar verlore

50% to 70%

Nr 1 en Nr 2

Die gemiddelde grondverlies onder graanverbouing

as gevolg van watererosie in Suid-Afrika is 13 t/ha/jaar,

wat beteken dat daar tussen 2 ton en 3 ton grond verlore

gaan vir elke ton mielies wat per jaar produseer word.

Bron: Le Roux

et al.

(2008)

Water erosion prediction at a

national scale for South Africa. Water SA

34: 305 - 314.

South Africa have lost 50% to 70% of its soil carbon

under crop fields due to tillage practices.

Source: Presentation of CM Swanepoel at the Sustainable Soil

Management Symposium 5 - 6 November 2015, Stellenbosch

Atrazine is die nommer een skadelikste landbou-

chemikalie (as gevolg van toksisiteit) en glifosaat

nommer ses (as gevolg van die hoeveelhede gebruik)

vir menslike gesondheid in Suid-Afrika.

Bron: Dabrowski

et al.

(2014)

Prioritizing agricultural pesticides used in

South Africa based on their environmental mobility and potential

human health effects. Environment International

62: 31 - 40.

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

n

a skool het ek gaan studeer en gedurende my studiejare

het ek begin om die Bybel sistematies deur te lees.

In Eksodus 34:7 het ek iets gelees wat my baie laat

kopkrap het. Toe ek dieselfde ding in Numeri 14:18

lees, het ek begin moeite doen om agter te kom wat dit

presies beteken en wat dit vir ons as gelowiges inhou.

Numeri 14:18: “Die Here is lankmoedig en groot van goedertieren-

heid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit

ongestraf laat bly nie.”

Die vraag wat in my gemoed ontstaan het, is hoe die Here dit regkry

om te vergewe en ook te straf. Beteken vergewe dan nie dat daar

geen straf is nie? Of is die straf nou net minder en tydelik en nie

swaar en ewig nie? Hoe werk dit?

Lank na al hierdie vrae my begin kwel het, het ek die antwoord

ontdek. Wat ‘n ontdekking was dit nie vir my nie en daarmee saam ‘n

groot verligting en dankbaarheid. Die oplossing vir al hierdie vrae lê

opgesluit in Christus.

Die mens (ek) het gesondig. Die mens moet volledig betaal vir al

hierdie sondes. Jesus Christus het mens geword en in die plek

van die mens kom staan en volledig vir die mens se sondes betaal

(2 Korintiërs 5:15). God het al my sondes aan Christus toegereken

en Hom in my plek gestraf. Só laat God dan geen sonde ongestraf

nie. Omdat die sonde dan nou gestraf is, kan God my vergewe en

sy lankmoedigheid en goedertierenheid aan my bewys. Vir my is dit

die toppunt van genade.

Alle mense se sondes word egter nie vergewe nie en almal word

nie gered nie. Alleen hulle wat in Christus glo as hulle Verlosser

en Saligmaker word vergewe en word gered. Sonder geloof kan

niemand gered word nie. As jy glo, reken God Christus se volmaakte

gehoorsaamheid, geregtigheid en heiligheid aan jou toe, soos Hy

jou sondes aan Christus toegereken het. As God dan nou na jou as

gelowige kyk, sien Hy volmaakte gehoorsaamheid, geregtigheid

en heiligheid en skenk Hy die ewige lewe aan jou.

Vir my is hierdie gedagtes opnuut weer ‘n heerlike troos. God betoon

sy oneindige lankmoedigheid, goedertierenheid en genade aan

my, omdat Christus vir al my sondes betaal het. Ek gaan nie gestraf

word nie, want Christus het my straf gedra.

Dankie, Here Jesus Christus!

Baie geluk aan

Willie Moolman van

Delmas wat vir die

April-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

INFLASIE

Die jaarlikse verbruikersprysindeks (VPI)

vir Maart 2017 was 6,1% vanaf die 6,3%

in Februarie 2017.

Die jaarlikse voedsel en nie-alkoholiese

verversingsindeks vir Maart 2017 was 8,7%

vanaf 9,9% in Februarie 2017 en 11,4%

in Januarie 2017.

Die jaarlikse produsenteprysindeks (PPI)

vir Februarie 2017 was 5,6%. Die landbou,

bosbou en visserye se PPI was jaar-op-jaar

in Februarie 2017 -3,2%.

Bron: Statistieke SA