Background Image
Previous Page  6 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 76 Next Page
Page Background

4

m

et al die verwikkelinge op die politieke terrein, is

dit duidelik dat die politici se balansstaat swakker

as saaiboerdery s’n is. Rommelstatus is ‘n duide-

like boodskap dat jy, gemeet teen die wêreld-

standaard, dit nie gemaak het nie.

Dit is iets wat gebeur as jy jouself nie die hele tyd meet aan wat

jy dink die standaard is nie. Per slot van rekening is dit nie so be-

langrik wat jy dink wat reg en verkeerd is nie. Om jouself objektief te

meet, is braaf, maar ook wys.

Stembusse, kredietgraderings en mededingendheidsindekse is

maatstawwe wat veroorsaak dat politici ons nie so maklik ‘n rat

voor die oë kan draai nie. Daar is egter twee reaksies op sulke ont-

nugterings in die lewe: Dié wat dit ontken en maak of dit nie be-

staan nie en dié wat daarop ag slaan en aanpassings maak om sake

reg te stel en te verbeter.

Tyd sal leer watter roete die politici in die land gaan neem. Dit is

egter belangrik om op hulle dade te let en nie net na hulle woorde

te luister nie.

Die graanprodusente van die land kan egter nie sommer net so op

die kantlyn sit en ander se splinters uit die oë probeer haal nie. Ons

is pas deur ‘n seisoen waar dit blyk asof ons ook maar ‘n paar balke

het om uit te sorteer.

Gelukkig is ons vermoë om nuwe tegnologie te omarm en te ge-

bruik om die beste van weerstoestande te maak, uitnemend. Dit

is wonderlik om te sien hoe hierdie vermoë in tonne omgeskakel

word, maar dit lyk asof ons effe tekort skiet wat die omskakeling

daarvan in (rommel)rande betref. Ons is nog nie op dieselfde skaal

as die wêreldmaatstaf as dit kom by ton per hektaar of kilogram per

millimeter reën nie, maar ons is amper daar.

Met goeie navorsing en goeie praktyke maak ons goeie vordering

teen hierdie steilte uit. Die area waaraan ons in die toekoms meer

aandag gaan moet gee, is bemarking. Ons kan ook soos politici die

skuld vir ander gee of die markreëls en kapitaliste blameer, maar

soos met president Zuma, stop die lorrie uiteindelik voor jou deur.

Dit is tog interessant dat met die swaai van die pendulum (van

mielie-invoere na -uitvoere) daar skielik ‘n paar reëls in die mark

is wat nou ook die kopers pla. Hierdie verwikkeling is bykans soos

die politiek: Nuwe vennote in nuwe omstandighede.

Ons sal met almal saamwerk wat die mark ‘n beter en regverdiger

plek wil maak. Dit is een gesegde van prof Eckart Kassier wat ek

nooit sal vergeet nie: Jy moet konstant daaraan werk om die mark

te verbeter.

Ek wil tog in dié verband my spreekwoordelike hoed vir die JSE

afhaal wat verlede maand genoeg dapperheid aan die dag gelê

het om ‘n paar spelreëls vir die koringbedryf te verander – ten

gunste van produsente – ten spyte daarvan dat die kopers nie

almal saamgestem het nie. Ons sal maar moet sien of die Departe-

ment van Landbou, Bosbou en Visserye dieselfde dapperheid aan

die dag gaan lê as daar veranderings aan die graderingsreëls aange-

bring moet word.

Ek wil jou tog aanmoedig om tydens NAMPO 2017 jou tyd oor-

deelkundig te verdeel tussen nuwe tegnologie vir produksie en be-

markingsverbeteringe. Praat met die handelaars en bemarkers oor

nuwe strategieë.

Vra jou medeprodusente wat vir hulle gewerk het en wat nie ge-

werk het nie. Dit is nie ‘n skande om raad te vra nie. Selfs die Bybel

moedig ons aan om ‘n groot aantal raadgewers te hê. Die afgelope

weke het ons gesien wat met die politieke leiers van ons land gebeur

as hulle dinge op hul eie wil doen en nie raad vra nie. Kom ons, as

graanprodusente, maak nie dieselfde foute nie.

Geniet NAMPO 2017 en sterkte vir die produsente in die suide met

die nuwe plantseisoen.

Die lorrie stop uiteindelik voor jou deur

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Tyd sal leer watter

roete die politici in

die land gaan neem.

Dit is egter belangrik

om op hulle dade

te let en nie net

na hulle woorde

te luister nie.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Mei 2017