Background Image
Previous Page  13 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 76 Next Page
Page Background

11

May 2017

Loer gerus na die spesiale NAMPO-uitgawe, wat saam met

SA Graan/Grain

April tydskrif gepos is, vir al die inligting wat jy oor die Oesdag nodig mag kry.

Maak seker jy kry jou

NAMPO-gids

by die toe-

gangshekke – hierin kan jy sien wie wat waar

uitstal by NAMPO.

‘n Internasionale afslaerskompetisie sal vir die eerste keer tydens

NAMPO 2017 in die veilingskompleks aangebied word. ‘n Jeugskou

vind daagliks in die bees-/perde-arena plaas waartydens die jong-

span hul vernuf toon deur te werk met miniatuurperde, Limousin- en

Brahman-beeste.

Graan SA en Omnia se Boerepatentekompetisie – ‘n gewilde uit-

stalling by die Oesdag – kan gerus besoek word. Kom kyk na

innoverende planne wat produsente in die onderskeie kategorieë

geprakseer het om die lewe op die plaas te vergemaklik.

Na ‘n afwesigheid van twee jaar, is die Vroueprogram gedurende

die oggende terug met ‘n splinternuwe ligging en ‘n inspirerende

program in die groot wit GL-Events tent langs die Polkadot teetuin.

Die dames kan ook uitsien na ‘n paar nuwe en selfs meer uitstallings.

Volgens mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder,

Graan SA, is NAMPO die plek waar die boerdery-familie mekaar

beter leer ken en waar nuwe vennootskappe en vriendskappe

gesmee word. “Dit is ook ‘n geleentheid vir Graan SA om waardering

teenoor ons lede vir hul volgehoue ondersteuning te betoon. Ons

wil hulle graag tydens die Oesdag bederf en voorkeurbehandeling

gee. Opbetaalde lede kry gratis toegangskaartjies en toegang tot ‘n

eksklusiewe parkeerarea en die ledelokaal,” het hy gesê.

Die ledelokaal gaan vanjaar onthul word as die Graan SA en NAMPO

Belewenissentrum. Met ‘n nuwe ingang aan die kant van die Fanie

Ferreira-saal, kan elke besoeker Graan SA se fokusareas besigtig

en selfs ‘n fliekteater geniet waar visuele voorstellings van die

organisasie se aktiwiteite vertoon word. NAMPO-handelsmerk-

klere- en promosie-items sal te koop aangebied word en ouder-

gewoonte sal uitspanplek en verversings deur die dag beskikbaar

wees. Die landbou-ekonome en ander spesialiste van die Graan SA-

span sal deurentyd met raad en daad beskikbaar wees.

Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by

www.ticketpros.co.za

teen R85 elk (vir Dinsdag en Vrydag) en R95 elk (vir Woensdag

en Donderdag). Kaartjies is ook by die hekke beskikbaar teen R15

duurder as die aanlynpryse. Die hekke maak om 07:00 soggens

oop en sluit weer om 17:00. Skakel gerus in op

Graan SA Radio

op

99.2 FM as jy naby kom vir verkeersverslae en aktuele Oesdag-

inligting.

NAMPO Park kan ook per vliegtuig bereik word en die aan-

loopbaan en landingstrook word beman deur lugverkeerleiers

en lugowerhede. Lugverkeerbeheer sal operasioneel wees van

07:00 - 17:00, met die roepsein “NAMPO Tower”. Vervoer sal vanaf

die aanloopbaan na die hek aan besoekers beskikbaar gestel word

en een van die NAMPO uitstallers sal byderhand wees om enige

instandhouding aan vliegtuie te doen indien nodig.

Troeteldiere, fietse, selfaangedrewe karretjies of motorfietse word

nie op die terrein toegelaat nie. Besoekers kan gratis gebruik maak

van vervoerwaentjies wat deurentyd in drie verskillende roetes op

die terrein beweeg.

Vir meer inligting, besoek die webblad by

www.nampo.co.za

of

www.grainsa.co.za .

‘n NAMPO-toep (

app

) is gratis by jou voorkeur

aanlynwinkel beskikbaar.