Background Image
Previous Page  12 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

10

LANDBOU SE TOEKOMS

ONTVOU BY NAMPO 2017

N

á verlede jaar se NAMPO Oesdag halfeeu-vieringe het

Graan SA skouer aan die wiel gesit om uitbreidings en

vernuwings aan die terrein en die program gereed te hê

vir die 51ste Oesdag – wat van 16 tot 19 Mei 2017 buite

Bothaville aangebied word.

“Graan SA wil verseker dat NAMPO die landbousektor se mees

relevante platform en markplek vir innovasie, tegnologie, inligting-

uitruiling en gesprekvoering is. Die uitbreidings en vernuwings, ons

2017-tema, ‘Ontvou die toekoms’ en ‘n splinternuwe NAMPO-logo

bevestig dat die organisasie positief is oor die rol van die Oesdag

in die toekoms van landbou,” het mnr Toit Wessels, assistent-

bestuurder: NAMPO en Bemarking van Graan SA, aan die vooraand

van NAMPO 2017 gesê.

Nuwe buite-uitstalruimtes aan die oostekant van die terrein – in

die omgewing van die saadplotte – asook by die hoofingang naby

die Gedenkmuur bring die totale getal uitstallers op meer as 700 te

staan. “In samewerking met insetverskaffers, vervaardigers en ver-

spreiders wat uitstal, bied die Oesdagkomitee die nuutste en mees

gevorderde landboutegnologie op een terrein aan. Die fokus van

die nuwe, uitgebreide terrein naby die saadplotte, is veral op bewa-

ringslandboutoerusting en tegnologie,” het mnr Cobus van Coller,

Oesdagvoorsitter, bygevoeg.

Internasionale belangstelling in die Oesdag neem jaarliks toe. ‘n

Kanadese en ‘n Britse pawiljoen asook uitstallers uit Rusland en

Brasilië is nuwelinge vanjaar. Uitstallers uit Portugal, Israel, Argen-

tinië, Italië, Frankryk, Pole, die VSA en Indië kan weer eens tydens

die Oesdag besoek word.

4x4-entoesiaste kan hulle tande slyp vir ‘n opgegradeerde weer-

gawe van die hindernisbaan wat daagliks deur die voorste ver-

vaardigers se produkte aangedurf gaan word. Nog ‘n nuwe

toevoeging is ‘n demonstrasiebaan vir motorfietse, vierwiel-motor-

fietse en

side-by-side’s

. Dié kleinboet van die 4x4-program is in die

nuwe deel van die terrein oorkant die saadplotte geleë.

Die vee-afdeling spog met tien skaaprasse, vier bokrasse en

28 beesrasse wat ten toon gestel word. Die Saalperdgenootskap

en Arabierperd Telersgenootskap neem deel en die Fries- en minia-

tuurperde sal besigtig kan word.

GRAAN SA

Persverklaring

Vir meer inligting oor Graan SA se NAMPO Oesdag, besoek die webblad

www.nampo.co.za .

JOHAN SMIT,

namens Graan SA