Background Image
Previous Page  11 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 76 Next Page
Page Background

9

May 2017

oortuig dat bewaringslandbou wel suksesvol in hoofsaaklik sande-

rige grond toegepas kan word.

Dr Annemie Erasmus, navorser van LNR-Graangewasse, het

kongresgangers ingelig dat insekte se rol en die impak wat landbou

daarop het, oor die algemeen onbekend en onderbeklemtoon

is. Tydens haar aanbieding het dr Erasmus ‘n hele aantal jare

se navorsingsdata oor die impak van bewaringslandbou en

konvensionele stelsels op sekere insekpopulasies bekend gestel.

Sy het gewys watter belangrike diens voordelige insekte by

bewaringslandbou kan lewer en watter rol hul speel om produsente

meer volhoubaar te maak.

Nader aan die einde van die kongres het mnr Tommie Wiersma

van Ottosdal onkruidbeheer in bewaringslandbou bespreek en

produsente met goeie wenke huis toe gestuur. Dié kongressessie

is gevolg deur planterdemonstrasies, waarna mnre Derek Mathews

(Sannieshof), Jurie Bezuidenhout (Migdol) en Gerhard Cronjé

(Bultfontein) terugvoer gegee het oor bewaringslandbou in die

Noordwes Provinsie, met bewaringslandboustories van produsente

wat weer eens die waarde van die praktyk beklemtoon het.

Die Ottosdal Bewaringslandboukonferensie is afgesluit met

‘n paneelbespreking met die tema “Waarom huiwer boere om

oor te slaan na bewaringslandbou?”. Na afloop van middagete

kon produsente op ‘n halfdag-bewaringslandboutoer gaan wat

onder meer plaasbesoeke en praktiese besprekings ingesluit het.

Graan SA en die Ottosdal-geenbewerkingsklub sien uit daarna om

alle bewaringslandbou-entoesiaste, sowel as produsente wat nog

oorreding benodig, by volgende jaar se kongres te verwelkom.

1: Hannes Otto van die Ottosdal-

geenbewerkingsklub verwelkom

konferensiegangers.

2: Die bewaringslandboubeginsels is

voor op die verhoog ten toon gestel

en het die deelnemers gedurig herin-

ner waarop hul moet fokus.

3: ‘n Paar van die produsente wat die

konferensie op Ottosdal bygewoon

het.

4: Produsente besigtig ‘n profielgat.

5: Proewe om van te droom.

1

3

5

4

2