Background Image
Previous Page  14 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 76 Next Page
Page Background

Van stof tot

DANKBAARHEID

O

p 27 November 2015 het produsente op NAMPO Park op

hul knieë gesmeek vir reën – die land was vaal en die

vooruitsig vir goeie oeste was maar skraal. Effens meer as

‘n jaar later, op 24 Maart vanjaar, kon die landbougemeen-

skap met danksegging kom getuig van ‘n uitstekende seisoen op

die horison.

Graan SA het, na aanleiding van goeie reën wat dié seisoen oor

groot gedeeltes van Suid-Afrika se graanverbouingsgebied uitge-

sak het, ‘n dankdag op NAMPO Park gereël. Produsente, plaas-

werkers en ander rolspelers in die bedryf het saam met Louis Brittz

‘n sessie van lof- en pryssang bygewoon, gevolg deur ‘n boodskap

deur mnr Dawie Spies.

Spies, ‘n motiveringsspreker, het melding gemaak van sy vorige

besoek aan NAMPO Park vir die biddag vir reën: “Toe ek laas hier

was, was dit vaal en stowwerig, nou staan die mielies hemelhoog

en my hart jubel,” het hy gesê. Hy het ook ‘n beroep op die land-

bougemeenskap gedoen om lewe te spreek oor Suid-Afrika: “Ons

kan in ‘n land bly met goeie reënval, ‘n sterk rand en gunstige

toestande, maar as God nie in daardie land is nie, beteken dit

niks. Jou toekoms lê in jou mond, wees versigtig met wat jy sê en

spreek lewe. Jou gebed is net so belangrik soos myne en wanneer

broers in eenheid bid, gee God ‘n bevel dat daar guns kom,” het hy

almal aangemoedig.

Die teenwoordiges het in kleiner groepies byeengekom en gebid

vir die goeie oeste; ook vir die Wes-Kaap wat steeds onder droogte

gebuk gaan. Produsente het elk ‘n bottel water van hul plase af

gebring, wat tydens ‘n geleentheid in kanne uitgegooi is – sodoende

is dit aan God geoffer om dankie te sê vir dié seën.

GRAAN SA

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

redaksie

1: Louis Brittz het die Dankdag

gelei in lofprysing.

2: Verskeie plaaswerkers het

die dag bygewoon en saam in

groepies gebid vir landbou in

Suid-Afrika.

3: Honderde bottels water uit

verskeie gebiede is in kanne

gegooi as ‘n gebaar om vir God

terug te gee ná goeie reënval

ontvang is.

1

2

3