Background Image
Previous Page  10 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 44 Next Page
Page Background

Join

John Deere on Facebook

Follow

John Deere on Twitter

Watch

John Deere on YouTube

GRAAN SA

Kersboodskappe

R

espek is een van die hoekstene

van enige samelewing en respek is

ook die kern van die oplossing van

ons land. Maar wat ons van respek

verstaan, skiet soms ver tekort.

Respek word deur die Engelse woordeboe-

ke as tweeledig aangegee. Ons verstaan

respek oor die algemeen as agting of be-

wondering vir iemand oor sy kennis, gedrag

en prestasies. Maar min van ons ver-

staan die tweede deel, die deel waar dit

gaan oor om empatie te hê vir iemand an-

ders se gevoelens, wense en regte. Om jou

met ander woorde in te leef in dit waarmee

iemand anders moet deel – om jou in daar-

die persoon se skoene te kan plaas. Hier faal

ons mateloos. As jy respek vir ander het, sal

jy eers dink oor hoe dít wat jy sê of doen,

ander kan affekteer en beïnvloed voor jy

doen of praat.

The Bible tells us in Matthew 5 about the

reward for people that master this talent.

But the Beatitudes sermon also tells us

about the other qualities that form part of

the character of the true people of God. All

the qualities that a Christian should have.

But in the shoes of others one should also

look back at oneself. To who and what

you see. Christmas is a time of festivity

and family, of reflecting on the past and

looking forward to the future. Let this also

be a time of introspection. Who do others

see in you? Is it Jesus Christ? That is what

the Word expects from us.

Daar lê ‘n wonderlike 2018 vir ons almal

voor as ons almal besluit om diensbaar

te wees, met God se hulp en leiding en as

gemeenskappe ons paadjie na die toekoms

uitkap. Ons het ‘n verantwoordelikheid

teenoor onsself en ons kinders se toekoms

om ons los te maak van die donker om

ons – hierdie negatiwiteit. Ons benodig ‘n

losmaak van die verlede en ‘n fokus op dít

wat positief en opbouend is.

Salig is dié wat in God se Woord wandel!

Mag hierdie Kerstyd vir jou, jou gesin, maar

ook jou gemeenskap, geseënd wees en

mag Sy saligheid op jou en jou familie rus!

Jaco Minnaar

Voorsitter, Graan SA