Background Image
Previous Page  6 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 44 Next Page
Page Background

4

d

ie jaar het uitgeloop. Rekordoeste in die noorde en ‘n

droogteramp in die suide. Dan is daar ook ‘n hoogs

emosionele vlaag van plaasmoorde wat almal ontstig.

Die leierskap gaan weer en weer deur al die hoogte-

en laagtepunte van die jaar. Almal sug diep. Dalk is dit

met dankbaarheid dat die jaar verby is of sommer net

‘n sug van: “Hoe nou vorentoe?”

Die graanbedryf se leiers gaan dié Desember iewers langs die see

of onder ‘n Bosveldboom of hoog op in die berge díép moet gaan

delf na oplossings vir 2018. As die landboutoestande gunstig is,

maak dit alle steiltes meer draaglik, maar dit moet darem ook ‘n by-

drae lewer om die bankbalanse weer te herstel.

Hier teen die einde van die jaar het ons ‘n uitstekende ligpuntjie

gekry vanuit ‘n oord waaruit ‘n mens dit nie sommer verwag het

nie. Die Portefeuljekomitee vir Landbou, Bosbou en Visserye het

Graan SA genooi om hulle te gaan inlig oor die komende somer-

seisoen en wat die gereedheidstatus vir die vernietigende kom-

mandowurm wat verlede jaar hier kop uitgesteek het, is.

Wat nuut was, was nie net dat albei ons Ministers (Zokwana en Cele)

teenwoordig was nie, maar dat die voorsitter van die portefeulje-

komitee Graan SA versoek het om die komitee jaarliks te gaan inlig,

want dan sal hulle werklik weet wat daar buite aangaan.

Dit is met so ‘n stekie oorgedra – asof hul eie mense dit nie na

behore doen nie. Sy het ook verneem na die verslag oor die droogte

wat ek verlede jaar by die komitee voorgehou het en Graan SA se

hele strategie rakende die hektare wat ons weens die mynaktiwi-

teite in Mpumalanga verloor en weer suksesvol in die Oos-Kaap en

KwaZulu-Natal vestig.

Dit is hierdie tipe vertroue tussen die besluitnemers in ons land

en die landbousektor waaroor ons vir jare al droom en aan werk.

Ons kon ook rapporteer oor die samewerking met die Departement

wat kommandowurms betref. Dit gee my moed dat al die pogings

van ons kant af nie sommer net by die agterdeur van die Parlement

uitgewaai het nie.

Nog ‘n vars briesie so voor die hittegolwe van Januarie en Februarie

ons oorval, was die uitkoms van die Agri SA Kongres. Nie soseer

die inhoud daarvan nie, maar al die veranderinge wat goedgekeur

is. Daar is nuwe leiers vir die volgende tydvak verkies en die

bestuurstruktuur is verander na ‘n struktuur soortgelyk aan dié

van ‘n maatskappy (dus met ‘n direksie).

Ons het ook alreeds vroeër melding gemaak van die nuwe kundig-

heid wat bekom is om die organisasie beter te posisioneer vir dít

wat voorlê. Heelwat van ons besighede in en rondom landbou het

ook nader gestaan (korporatiewe lede) om aan te dui waar hulle sen-

timent lê as dit gaan oor verskille met die staat in fundamentele sake

soos eiendomsbesit. Dit is regtig verblydend.

Ek het egter ‘n klompie jare gelede tydens die Bosoorlog en selfs

in die raadsale van ons land, geleer dat as die skote klap, nie almal

wat rondom jou staan noodwendig vorentoe hardloop nie. Derhalwe

hoop ek maar net dat dit nie in dié geval so sal wees nie. Ons het

almal se hulp en ondersteuning nodig vir dít wat voorlê. Sterkte aan

Dan Kriek en die nuwe leierskap!

Ek wil die jaar afsluit deur vir oom Boris Kaplan (Tiger Brands) te

groet. Hy is gedurende die laaste week van Oktober vanjaar oorlede.

Sy gesig is verewig in die

Mielies/Maize-

tydskrif

se

spotprente van

die negentigerjare as een van die sogenaamde “Fat cats”.

Oom Boris was die

gentleman

tussen die meulenaars, maar ‘n

uiters gedugte onderhandelaar. Hy het die kopers en handelaars op

menige rade (Mielies, Oliesade en Droëbone) verteenwoordig. Ek

het soveel by hom geleer. Hy het die graansektor beslis met onder-

skeiding gedien en in ‘n betreklik beter toestand agtergelaat.

Hoe nou vorentoe?

JANNIE DE VILLIERS,

HUB/CEO

Dit is hierdie tipe

vertroue tussen

die besluitnemers

in ons land en die

landbousektor

waaroor ons vir jare

al droom en aan werk.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Desember 2017