Background Image
Previous Page  12 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 44 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

d

ie laaste paar maande van 2017 was baie bedrywig

vir die Graan SA-span wat wyd en syd boeredae

bygewoon – en selfs ‘n plaaslike gholfdag ondersteun

het.

Die Graan SA/Bothaville Gholfdag het lede, produ-

sente en dorpenaars na die Bothaville Gholfklub gelok. As blyk

van waardering vir die dorp se betrokkenheid tydens die NAMPO

Oesdag, is die hele Bothaville-gemeenskap betrek.

Graan SA-ledebemarkers was verder doenig by beide die Boer-

tjiefees op Bultfontein en die Mpumalanga skou in Nelspruit.

Die Graan SA-uitstalling tydens die Boertjiefees is voorafgegaan

deur ‘n suksesvolle Safex-kursus wat teen ‘n verlaagde tarief vir

Graan SA-lede aangebied is.

Die Wes-Kaap het ook ‘n beurt gekry en die Swartland Skou op

Moorreesburg was die ideale geleentheid om internasionale

toergroepe en ‘n paar ander bekende besoekers in die Graan SA-

ledetent te verwelkom. Graan SA het saam met Nedbank en Kaap

Agri ‘n ontbytseminaar vir ‘n volgepakte saal aangebied, met

sprekers wat onder meer dr Henning Gericke (spansielkundige vir

die Springbokke), wat die psige van ‘n kampioen bespreek het,

mnr Jannie de Villiers (HUB, Graan SA), wat die omdraaistrategie

van koring bespreek het en me Annelize Crosby (Agri SA), wat ‘n

oorsig oor grondhervorming en wetgewing gegee het, ingesluit het.

En om die jaar op ‘n hoë noot af te sluit, het Graan SA eksklusiewe

ledevoordele vir opbetaalde lede by alle takke van Action Ford

beding. Besonderhede oor die spesiale aanbieding kan verkry word

deur Action Ford te kontak. Die kontakbesonderhede verskyn in

die advertensie op bladsy 11.

Graan SA netwerk wyd en syd

1

3

2

1: Luan van der Walt het ‘n Safex-kursus tydens die Boertjiefees

aangebied en die Graan SA-uitstalling by die fees behartig.

2: ‘n Internasionale toergroep het ook ‘n draai by die Swartland Skou

op Moorreesburg gemaak.

3: Toit Wessels (assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking,

Graan SA), tweede van regs saam met Breyton Milford (Agri Expo),

Daneel Rossouw (Nedbank), Hugo Lochner (

Veeplaas

) en

Pierre Vlok (BKB) tydens die skou.

10

Monsanto wens jou en jou geliefdes

’n feestyd gevul met liefde, lag en

saamwees.

Mag elke dag vreugde inhou en die

nuwe jaar geseën wees met nuwe

geleenthede en die geesdrif om

die meeste van elke dag te maak.

Monsanto sien daarna uit om elke

geleentheid saammet jou aan te pak.

FEESTYD IS

FAMILIETYD!

Kersfees ... ’n tyd om

ons seëninge te tel.

Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of

customercare.sa@monsanto.com

Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

uppemarketingA17196