Background Image
Previous Page  9 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 44 Next Page
Page Background

KANTLYN

Op die

Trekkerverkope van 704 eenhede in Oktober is aansienlik (24%) meer

as die 567 eenhede wat Oktober verlede jaar verkoop is.

Stroperverkope van 20 eenhede in Oktober is twee eenhede meer as

die 18 eenhede wat verlede jaar in dieselfde tyd verkoop is.

– Persverklaring deur die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

op 6 November 2017

24%

2 meer

7

December 2017

Deregulering 20 jaar oud!

6 Januarie 1997

die Nasionale Landboubemarkingsraad

(NLBR) word gestig

30 April 1997

die Sorghumforum word gestig

1 Mei 1997

die beheerrade word afgeskaf en ‘n

vryemarkstelsel geld voortaan

8 September 1997

die Olie- en Proteïensade Ontwikkelings-

trust (OPOT) word geregistreer

1 November 1997

die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium

(SAGL) begin graanontledings- en verwante dienste aan

die graanbedryf lewer

11 November 1997

die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens

(SAGIS) word geregistreer

13 November 1997

die Wintergraantrust en die Wintergraan

Algemene Trust word gereregistreer en is op 1 Januarie 1998

in bedryf gestel

In

1997

word die Sonneblom- en Sojaboonforum ook gestig

‘n Reis deur tyd – die Graan- en oliesadebedryf van Suid-Afrika

– uitgegee deur Graan SA

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

d

it is wonderlik om te sien hoe ‘n vrugteboom na die

winter weer uitloop en as't ware met ‘n nuwe lewe

begin. ‘n Nuwe seisoen met al die beloftes van ‘n goeie

oes en alles wat daarmee saamgaan. Soveel meer nog

as bome weer uitloop na ‘n lang en ernstige droogte.

‘n Boom wat as dood agtergelaat is, maar tog weer begin groei, is

iets wat ‘n mens hoop op die toekoms gee en jou weer moed laat

skep om voort te gaan.

So het die Here deur die profeet Jesaja aan die volk Israel ‘n bood-

skap van ‘n nuwe begin, ‘n boodskap van hoop en nuwe moed

gestuur. In Jes. 11:1 lees ons dat die Here sê dat Hy ‘n takkie uit die

dooie stomp van Isai sal laat spruit.

Isai was die vader van Dawid, die voorvader van Jesus Christus.

Jesus was die loot – hierdie takkie wat ‘n nuwe begin gemaak het. Hy

het gekom om alles weer nuut te maak.

Eersdaags gedenk ons weer die geboorte van Jesus. Dan kan en

moet ons weer dink aan dit wat Hy in die wêreld kom doen het. Hy

het weer lewe kom gee waar die sonde en die dood geheers het

– sonde soos onreg, moord, haat, stryd en jaloesie en al die ander

slegte dinge wat in die wêreld gebeur en wat ons aan mekaar doen

of vir en van mekaar sê.

Christus het gekom om ons van ons sonde en ellende te verlos.

Hy het gekom om ons verhouding met God te herstel. Hy het gekom

om aan ons ‘n nuwe lewe te gee, die ewige lewe. Saam met die

Vader het Hy die Heilige Gees aan ons gegee om ons te wederbaar.

Só spruit daar dan ‘n nuwe takkie uit die ou dooie stomp van ons

hart. ‘n Loot wat vrug kan dra, spruit voort – die vrug van die Gees

(Gal. 5:22).

Christus is uit die ou dooie stomp van Isai gebore om ‘n nuwe

begin te maak. Uit ons dooie harte laat groei Hy ‘n takkie wat weer

vrug kan dra. Laat ons dan ook tydens hierdie Kerstyd daaraan dink

en ook die vrug waarvoor ons bestem is, dra.

Baie geluk aan

Lettie Chaka van

Bothaville wat vir die

November-uitgawe

van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estie@infoworks.biz

083 490 9449