Background Image
Previous Page  15 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 44 Next Page
Page Background

Nuwe era-boere toegerus vir

hedendaagse uitdagings

D

ie Graan SA Landbou-ontwikkelingsprogram het gedu-

rende September vanjaar ‘n plaastoer vir 24 nuwe era-

graanboere aangebied. Hierdie boere het bestaan uit klein

en groter, asook nuwe- en gevorderde graanboere in die

Wes-Kaap wat hoofsaaklik gemengde boerderye het.

Die doel van die inisiatief is om boere blootstelling te gee aan

kommersiële praktyke wat deur produsente ingespan word, om

onder meer doeltreffendheid en winsgewendheid te verhoog.

Hierdie jaar se plaasbesoeke het hoofsaaklik gefokus op medium-

grootte kommersiële produsente waarby nuwe era-boere aanklank

kon vind. Onderwerpe wat bespreek is en inligting wat tydens die

besoeke oorgedra is, het hoofsaaklik gefokus op hoe die spesifieke

produsente begin boer het, wat hul huidige uitdagings is, hoe hul

die somme laat klop, die balans tussen hul graan- en veevertakking,

rekordhouding en algemene areaspesifieke bestuurspraktyke.

Die inligting en beginsels wat tydens hierdie besoeke oorgedra is,

is van onskatbare waarde. Ons wil hiermee graag die Wintergraan-

trust, wat hierdie toer moontlik gemaak het, hartlik bedank vir hul

ondersteuning van hierdie inisiatief.

Ons wil ook elke produsent en rolspeler wat hul deure vir ons oop-

gemaak het, bedank vir hul bereidwilligheid om hul kennis en on-

dervinding sonder skroom met ons toergroep te deel. Ons glo dat

nuwe kontakte, bande en vriendskappe gevorm is en dat almal

wat die toer bygewoon het, nuwe beginsels en praktyke saam

met hulle terug plaas toe kan neem om die doeltreffendheid en

lewensvatbaarheid van hul graan- en veeboerderye te verhoog.

13

December 2017

GRAAN SA

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

1: Die toergroep wat gedurende September

op ‘n plaastoer in die Suid- en Wes-Kaap was,

het ook ‘n draai by Soill gemaak.

2a tot 2c: By Frehan Bester het die boere meer

inligting oor skaap-, plaag- en onkruidbeheer-

en algemene meganisasiebestuurspraktyke

ontvang. Verskeie ander produsente is ook

besoek.

3: Dr Johann Strauss van die Wes-Kaapse

Departement van Landbou het inligting oor

dekgewasse met hulle gedeel.

4: Pieter van der Walt van Moorreesburg het

die boere meer oor graanbemarking vertel.

2a

3

4

2b

2c

1