Background Image
Previous Page  16 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 44 Next Page
Page Background

Boeredae fokus op behoeftes

Op Langgewens

G

raan SA se Wes-Kaapse Landbou-ontwikkelingsafdeling

het op 16 Augustus en 4 September onderskeidelik twee

suksesvolle boeredae by Langgewens Proefplaas en

AB InBev (voorheen SAB) op Caledon aangebied.

Die opkoms van Wes- en Suid-Kaapse nuwe era-boere, mentors

asook plaaslike insetverskaffers en rolspelers was bevredigend.

Die onderwerpe wat tydens hierdie dae behandel is, het gefokus

op spesifieke inligtingsbehoeftes wat gedurende die jaar deur die

boere geïdentifiseer is. Die onderwerpe het onder meer Graan SA

se werksaamhede en ondersteuning aan nuwe era-boere, chemiese

weerstand op plase, die balans tussen graan- en veevertakkings,

asook die doelwit en prosesse van ontwikkelingsbefondsing

ingesluit.

Hierdie waardevolle inligting is in die Swartland deur mnre

Koos Blanckenberg (Graan SA), Attie Haasbroek (Omnia), Philip

de Waal (Locheim Boerdery) en me Rose Horne (Wes-Kaapse

Departement van Landbou) aangebied. Die dag is afgesluit met

die besigtiging van proewe onder leiding van dr Johann Strauss

(Wes-Kaapse Departement van Landbou).

Met die Caledon-boeredag is mnre Toit Wessels (Graan SA),

Schalk Viljoen (produsent), Jannie Bruwer (Bayer) en Jerry Aries

(Wes-Kaapse Departement van Landbou) as sprekers verwel-

kom, met ‘n proefbesoek onder leiding van mnr Frikkie Lubbe

(AB InBev).

GRAAN SA

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

1

2

1: Verskeie sprekers het op Langgewens Proefplaas gefokus op spesi-

fieke inligtingsbehoeftes wat gedurende die jaar deur nuwe era-boere

geïdentifiseer is.

2: ‘n Ter plaatse besoek is ook aan die proewe op Langgewens gebring.