Previous Page  3 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 84 Next Page
Page Background

1

April 2018

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Dr Danie Beukes, Pietman Botha, Jannie de Villiers, dr Jan du Preez, dr Annemie Erasmus, Alzena Gomes, dr Christo Joubert, ds Koos Kirsten, Corné Louw, Jenny Mathews,

Eugene Muller, dr André Nel, Cobus Olivier, dr Dirk Strydom, Adri Theron, Gerrie Trytsman, Luan van der Walt, Rika Verwey, Janet Vorster, Toit Wessels en Andries Wiese

w

at kan meer gesellig wees as om rondom ‘n kom-

buistafel te kuier? Ek en my gesin het seker nog net

twee keer in die eetkamer geëet – en dit was bloot

omdat die kinders dit vir die aardigheid wou doen.

Ons kuier sommer altyd in die kombuis: Of dit nou

mense is wat die eerste keer by ons aan huis kom, familie of ou vrien-

de – om die kombuistafel word daar die héél lekkerste gekuier. Almal sê

altyd in ons “plaaskombuis” voel hulle tuis...soos by NAMPO.

Almal wat boerdery in hul are het, het mos grootgeword met

NAMPO en as jy in Meimaand spitsverkeer rondom die Mieliehoofstad

kry, weet jy: Dit is NAMPO Oesdagtyd. Dan staan alles vir ‘n dag of

wat op die plaas stil en gaan vergewis produsente hul van die nuutste

boerderytegnologie, -toerusting en -produkte by Graan SA se Oesdag.

Óf hulle kom droom net oor een van die nuwe, groot ysters, ‘n mooi

bul, óf loop kuier-kuier saam met vriende daar rond.

As ek vroegoggend bibberend van die koue deur die hekke stap, die

boerbokke ruik (by Hek 3 waar ek altyd ingaan) en my eerste koppie

warm boeretroos by die Graan SA-ledelokaal wegslaan terwyl ek al

die bekendes groet, voel ek tuis. Daar heers mos ‘n gees van same-

horigheid en vriendskap by NAMPO – of ‘n “landboufamilie-gevoel”

soos wat ‘n Italiaanse afvaardiging dit laasjaar beskryf het. Net so is

dit ook by die Graan SA Kongres, wat onlangs plaasgevind het.

‘n Mens stap al só ‘n lang paadjie saam met Graan SA dat Kongres en

ook die Oesdag soos ‘n reünie, waar jy ou vriende en kennisse raak-

loop, voel. Dit is die een ding waarvan amper elke Hoofbestuurslid

wat tydens Kongres uitgetree het in sy afskeidstoespraak melding ge-

maak het: Die goeie vriende wat hy tydens sy termyn op die Hoof-

bestuur gemaak het.

Tydens die Kongres is daar natuurlik ook, soos in ‘n kombuis, rond-

om dié ronde tafels gekuier, druk gesprek gevoer en gedebatteer.

(Blaai gerus na ons spesiale terugvoer op Kongres [bl 8 tot bl 42] waar

jy meer kan lees oor die sprekers se aanbiedinge, sake wat by die

wegbreeksessies bespreek is en ‘n fotobeeld).

SA Graan/Grain

se aparte Oesdag-uitgawe, wat saam met hierdie uit-

gawe uitgepos word, is – soos boeretroos uit die kombuis – met liefde

en sorg vir ons lesers voorberei. Mag die aroma daarvan jou belang-

stelling genoeg prikkel sodat ons mekaar weer daar raakloop vanjaar.

NAMPO-groete

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

J

ENNY MATHEWS

(

SA Graan/Grain

contributor)

also attended the Grain SA Congress and gives

feedback on the guest speakers’ presentations:

‘A look at the seven wonders of grain production’

(

page 20

), ‘Building climate resilience’ (

page 22

),

‘International export and value adding opportuni-

ties for South Africa’ (

page 24

) and ‘Addressing the

elephant in die room’ (

page 26

).

T

ydens Kongres het die organisasie gerap-

porteer oor die heffingsinkomste van

R21,1 miljoen, wat skitterend is, gemeet teen

die begrote syfer van R14,8 miljoen. Volgens

TOIT WESSELS

(Graan SA) kan die inkomste bo

begroting toegeskryf word aan harde werk deur

die Hoofbestuurslede en die bemarkingspan.

Lees oor dié spogresultaat op

bladsy 18

.

D

ie koringbedryf is tans onder erge druk

weens die kwynende volhoubaarheid van die

bedryf. Tydens die onlangse Graan SA Kongres se

spesiale koringsessie is daar talle redes hiervoor

geïdentifiseer, waarvan die belangrikste is dat die

plaaslike pryse nie met die internasionale waarde

van dieselfde kwaliteit koring ooreenstem nie.

Op

bladsy 44

bespiegel

DR DIRK STRYDOM

(Graan SA) of daar nou ‘n dooiepunt in die

omdraaistrategie vir koring bereik is.

I

n CA systems, crop rotation that includes soy-

bean and sunflower produces a limited amount

of crop residues with associated problems. These

crops are mostly grown on sandy soils and erosion

is a common phenomenon. Without sufficient

cover, these sandy soils often develop crusts

after rain events. These crusts lead to run-off,

soil erosion and eutrophication of water resour-

ces. According to

GERRIE TRYTSMAN

(ARC-

Animal Production) planting winter or cool season

cover crops is seen as an ideal CA practice to

combat these problems. More on

page 63

.

a

DRI THERON

is gebore op Lepha-

lale (Ellisras) en het op hul fami-

lieplaas, Hanover, 50 km buite

Lephalale grootgeword. Sy het

haar BA Tale (Ed)-graad aan die

Universiteit van Johannesburg

(destyds RAU) behaal, waarna sy vir drie

jaar onderwys gegee het.

Sy het daarna by Suidwes aangesluit, waar

sy die redakteur van

Ons Eie

was en waar sy deeltyds haar Honneurs-

graad in Bedryfsielkunde by UNISA voltooi het. Sy en haar man,

David, het daarna vir ‘n paar jaar geboer – met Sussex-beeste en

Thoroughbreds (resiesperde). In Junie 2014 het sy by Infoworks as

projekbestuurder aangesluit en van Desember 2015 af is sy verant-

woordelik vir die redigering van

SA Graan/Grain

en skryf sy van tyd

tot tyd artikels.

Sy en David spandeer gereeld tyd met hul perde en sy lees graag.

Op

bladsy 16

gee sy terugvoer oor die voorsittersverslag wat by

Kongres gelewer is.