ႋ
HOOFSTUK 6
VANJAAR – EN IN DIE
TOEKOMS – SAL DIE
KLEM EGTER STEEDS
VAL OP LANDBOU- EN
LANDBOUVERWANTE
UITSTALLERS. U IS OOK
REEDS BEWUS VAN ONS
UITGANGSPUNT DAT
ONS NIE GETALLE, HETSY
BESOEKERS OF UITSTALLERS,
NAJAAG NIE. DIE NAMPO
OESDAG IS EN BLY ’N
BESIGHEIDSGELEENTHEID,
WAAR ’N PLATFORM
GESKEP WORD VIR
INSETVERSKAFFERS EN
PRODUSENTE TEN EINDE
INGELIGTE PRODUKSIE-
EN AANKOOPBESLUITE
TE NEEM.
– Mnr Vic Mouton,
Oesdagvoorsitter, tydens ’n
perskonferensie in 2002
van NAMPO gedien het nie. Enige lid van die publiek kon as vrywilliger by die
Oesdag diens doen. Na ’n paar jaar is so ’n persoon gewoonlik genader om op
’n komitee te dien en kon selfs later as voorsitter van ’n komitee of die Oesdag-
komitee aangewys word.
’n Besluit deur die Hoofbestuur van NAMPO om die Oesdagkomitee onder die
beheer van die Hoofbestuur te plaas in die tagtigerjare, het meegebring dat die
Oesdagkomitee se voorsitter voortaan ’n gekose hoofbestuurslid van NAMPO
moes wees. Hierdeur is die beheer van die Oesdag as ’n prominente kommersiële
diens opnuut met dié van die organisasie belyn.
Mnr Japie Grobler – destyds ’n lid van die Oesdagkomitee én hoofbestuurslid van
NAMPO – is gevolglik in 1987 verkies tot Voorsitter van die NAMPO Oesdagkomitee
as ’n werkskomitee van die NAMPO Hoofbestuur. Grobler – ’n bekende landbouleier
wat ook die enigste persoon is wat op die hoofbestuur van SAMPI, NAMPO en
Graan SA gedien het – het hierdie posisie tot en met 1989 beklee. Die komitee-
stelsel – wat vandag steeds in gebruik is – het gesorg dat die ratwerk seepglad
funksioneer en was teen 1987 saamgestel uit ’n dagbestuur asook ’n demonstra-
sie-, kroeg-, skakel-, terrein-, vee-, verversings-, boerdery en boerepatentekomitee.
’n Volgende besluit van die Hoofbestuur het behels dat alle gekose hoofbestuurslede
tydens die Oesdag moes aanmeld vir werk. Die wat nie kon nie, moes met NAMPO
se voorsitter uitklaar waarom hulle nie kan diens doen nie.
Die Oesdagvoorsitters vanaf 1987 was soos volg:
• Mnr Japie Grobler van Bothaville (1987 - 1989)
• Mnr Bully Botma van Bothaville (1989 - 2001)
• Mnr Vic Mouton van Koster (2001 - 2005)
• Mnr Jub Jubelius van Hennenman (2005 - 2011)
• Mnr Cobus van Coller van Viljoenskroon (2011 - 2016)
Senior amptenare van die Oesdag
Hannes van Wyk, Besturende direkteur: SAMPI en
SAMPI Oesdagdirekteur 1974 - 1976
Toe Marthaville in 1974 die permanente tuiste van die Oesdag geraak het – en met
SAMPI se kantoor geleë op Bothaville – is die oesdagpionier, Hannes van Wyk,
aangestel as Hoofbestuurder van SAMPI en terselfdertyd as Oesdagdirekteur. Sy
opdrag rakende die Oesdag was om die vestiging daarvan op die plaas uit te voer
en dus ook die uitleg van die terrein en demonstrasie-area te bestuur.
Twee reuse-restaurante en toiletgeriewe – die eerste geboue op die terrein – is be-
tyds vir die 1974-Oesdag opgerig. Ander permanente geriewe het ingesluit ’n admi-
nistratiewe hoofkwartier, ingangshekke, biertuin en karavaanpark. Die uitstalterrein
en geboue het 16 ha beslaan.
Die mobiele demonstrasies van die 1974-Oesdag het voorsiening gemaak vir
stropers, dorsmasjiene en plukkers, droërs en massahantering-balers, harke,
hamermeulens, stoppelbewerkingsimplemente; ploeë, kunsmisstrooiers, plan-
ters, skoffel- en grondbreekimplemente asook spuittoerusting.
Verskeie insetverskaffers het spontaan ingespring en kosteloos gehelp omMarthaville
in ’n volwaardige Oesdagterrein te omskep. Massey Ferguson het die plaas van hoek
tot kant gratis omgeploeg terwyl brandstof vir die trekkers deur Shell geskenk is.
Pioneer Saad het die saad gegee, Fedmis die kunsmis, Ciba Geigy die onkruiddoders,
VETSAK die spuitapparaat, implemente is deur verskeie maatskappye verskaf en ses
werkershuise is gratis deur TAFSCO opgerig.
Die Landman
(Februarie 1974) beskryf die ontwikkeling van die Oesdagplaas as
“’n skitterende voorbeeld van samewerking en spanwerk tussen SAMPI se Oes-
dagbestuur en ’n aantal private maatskappye en koöperasies wat die dienstema
van die Oesdag op die hart gedra het.” In die jare wat gevolg het, is strukture soos
die Hopefield- en Donkerhoek-sale opgerig. ’n Vliegveld is gevestig asook ablu-
siegeriewe by die karavaanpark. ’n Beeskompleks het in 1978 gevolg.
Mnr Hannes van Wyk
“
”