Previous Page  7 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 27 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 6

Graan- en oliesadebedryf word een

Eenwording in die graan- en oliesadebedryf het bykans twee dekades later in 1999

gevolg ná die deregulering van landboubemarking in 1997. Spesialiteitsorganisasies

wat produsente uit die mielie-, wintergraan-, sorghum- asook olie- en proteïensade-

bedrywe verteenwoordig het, het gesamentlik die grootste landbouprodusente-

organisasie in die land gestig. Die Oesdag was weer eens deel van die bates wat

NAMPO na die nuutgestigte spesialiteitsorganisasie gebring het.

Die aanvanklike benaming – die Graanprodusente-organisasie (GPO) – het op

8 Maart 2000 plek gemaak vir ’n splinternuwe korporatiewe identiteit, toe die

“Graan SA” eenparig deur die jaarkongres goedgekeur is.

Met ’n trotse geskiedenis wat oor vyf dekades strek, is die Oesdag vandag ’n kom-

binasie van die nuutste landboutegnologie, produkverskeidenheid, innovasie,

gesprekvoering, ’n mekka van netwerkgeleenthede en landbou-gasvryheid, wat sy

reputasie gestand doen as suidelike Afrika se vertoonvenster van landbou.

Graan SA het tydens ’n spesiale geleentheid tydens NAMPO 2016 erkenning gegee

aan uitstallers, vrywilligers, landbouleierskap en personeel se bydrae tot die Oes-

dag sedert 1967. Spesiale erkenning is verleen aan sewe van die 1967-Oesdag se

agt uitstallers wat vandag nog uitstal asook aan sestien uitstallers wat onafgebroke

sedert 1974 op die huidige terrein uitstal.

DEUR PRODUSENTE VIR PRODUSENTE

Sedert sy ontstaan word die Oesdag besit en aangebied deur vrywillige graan-

produsente-organisasies: Eers SAMPI, later – ná eenwording in die mieliebedryf

in 1980 – deur NAMPO; en sedert die konsolidasie van graanorganisasies in 1999

deur Graan SA.

Die wenresep van ’n doeltreffende komiteestelsel, ondersteuning van vrywilligers

uit die gemeenskappe in die graanproduksiegebiede én toegewyde personeel, het

daartoe bygedra dat die Oesdag vandag wyd erken word as die grootste landbou-

uitstalling in privaat besit ter wêreld.

Dieselfde determinasie van mielieprodusente wat tot die stigting van SAMPI

gelei het, het in die organisasie van die Oesdag weerklank gevind, met ’n beginsel

van “deur boere vir boere” wat spoedig posgevat het. As jong organisasie kon

SAMPI nie juis voltydse personeel bekostig nie en lede moes self moue oprol om

die werk gedoen te kry. Jaarliks het meer as 200 vrywilligers bestaande uit lede

van Graan SA en sy voorgangers en hul gesinne asook mense uit die gemeen-

skap wat die saak van die Oesdag ondersteun, ingespring om verversings voor

te berei en te bedien.

Spesiale erkenning is verleen aan ses van die 1967-Oesdag se agt uitstallers wat vandag

nog uitstal, asook aan 17 uitstallers wat onafgebroke sedert 1974 op die huidige ter-

rein uitstal. By die funksie was personeel van New Holland SA, Argo, Barloworld Agri,

Kempston Agri (Claas), Eqstra (Deutz & Same), Shell, Syngenta, Rovic Leers, Pannar, Sen-

wes en Bessemer.

Video: ’n Gedenk-DVD-produksie om die 50ste

Oesdag in 2016 te herdenk, is in opdrag van

Graan SA vervaardig.

UITSTALLERS IN 2016

WAT SEDERT 1974 OP

NAMPO PARK UITSTAL

1. New Holland SA

2. Argo Industrial

3. John Deere

4. Northmec

5. Barloworld Agriculture

6. Kempston Agri (Claas)

7. Eqstra (Deutz & Same)

8. Shell

9. Syngenta

10. Andrag Agrico

11. Erdvark Implemente

12. Rovic Leers

13. Pannar

14. Senwes

15. Engen

16. Bessemer

Play Video