Previous Page  4 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 4 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

Die Landman

berig in Julie 1969 dat sowat 2 000 produsente oor die twee dae

in 1969 op Hopefield teenwoordig was. Transaksies ter waarde van R50 000 – ’n

stewige bedrag vir daardie jare – is oor die twee dae beklink. Dr AJA Roux, Voorsit-

ter van die Raad op Atoomkrag, was die hoofspreker en mnr Fanus Rautenbach,

alombekende radioman, die aankondiger.

Wat die beheerde werktuigdemonstrasies betref, is die normale prosedure gevolg

soos wanneer ’n produsent self sy oes sou bewerk. Demonstrasies het ingesluit dié

van stilstaande dorsmasjiene, daarna selfaangedrewe en trekdorsmasjiene, waarop

die omploeg van geoeste lande gevolg het. Planters in aksie is vanaf 1970 bygevoeg.

DIE TERM “OESDAG” IS AFKOMSTIG VAN DIE

MEGANISASIEFOKUS OP OESTOERUSTING TYDENS

DIE HEEL EERSTE OESDAG IN 1967. IN DIE JARE WAT

DAAROP GEVOLG HET, IS DIE WERKTUIE WAT OP

’N NIE-MEDEDINGENDE BASIS ONDER WERKENDE

TOESTANDE GEDEMONSTREER IS, UITGEBREI OM ALLE

FASETTE VAN DIE PRODUKSIESIKLUS IN TE SLUIT.

DIE OESDAG-BENAMING HET DIE TOETS VAN DIE TYD

DEURSTAAN EN WORD VANDAG STEEDS GEBRUIK.

In die beginjare het ’n hoofspreker deel uitgemaak van die Oesdagprogram. Dr AJA Roux,

Voorsitter van die Raad op Atoomkrag, was 1968 se hoofspreker.

Praktiese demonstrasies van landbou-

toerusting op ’n nie-mededingende basis

was sedert die ontstaan van die Oesdag

vir sowat 40 jaar lank 'n kernfokus.

’n Argieffoto van die tweede SAMPI Oesdag. Dit is op Haddad se plaas, Hopefield, geneem.