Previous Page  11 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 27 Next Page
Page Background

ႃႃ

HOOFSTUK 6

Video: ’n Gees van samewerking tussen die

produsente, vrywilligers en personeel het

deurentyd geheers – mnr Giel van Zyl.

Verskeie kultivarproewe en NAMPO maksimumopbrengsproewe was ook ge-

reed vir die Oesdag van 1982. Hierdie ontwikkelings is in 1983 voortgesit, toe

die Beeskompleks en die Trek-toegangshekke in gebruik gestel is. Die Fanie

Ferreira-saal (vernoem na die laaste voorsitter van SAMPI en eerste voorsitter

van NAMPO) met bedieningsruimte vir meer as 1 200 mense tegelyk, danksy ’n

borgskap van Total, is in 1983 in gebruik geneem. Hierna is die skaapkompleks

en die Mielieraadgebou in 1984 en die perdekompleks in 1985 voltooi. Die Fanie

Ferreira-saal se onderdakstoep is in 1988 bygevoeg. ’n Biertuin en ’n teekamer

vir ander lafenisse is ook ingestel.

’n Gebou wat veral aan sy inisiatief te danke is, is die Museum – wat deesdae bekend

staan as die Engen Museum. Von Abo het die borge en die trekkers en toerusting wat

in die museum uitgestal word – wat tot 1917 terugdateer – ingesamel. Hy was ook

verantwoordelik vir die ontstaan van die NAMPO/Fedmis Boerepatentekompetisie in

1985. Omnia het die borgskap sedert 1988 oorgeneem en teen 2013 is die kwarteeu-

bestaan van die gewilde oesdagattraksie gevier.

Von Abo het daarin geslaag om oor tyd ’n uitstekende span plaas- en terreinwerkers

op Marthaville te vestig, wat vir hul bydrae tot die Oesdag se ontwikkeling verdien

om vermeld te word.

’n Foto wat dateer uit die laat sewentiger-

jare beeld die opwinding uit van ’n demon-

strasie deur ’n bespuitingsvliegtuig tydens

die Oesdag.

Natuurgroei se nuwe gebou op hul standplaas was voltooi vir die

1982-Oesdag.

Malcomess se splinternuwe kompleks in wording op die Oesdag-

plaas – 1982.

Mnre Fanie Ferreira (links) en Dennis von Abo lê die eerste stene van die Fanie Ferreira-saal

op die NAMPO-terrein.

Play Video