Previous Page  6 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

DIT IS VERAL VIR ONS

INSETVERSKAFFERS EN

VERTONERS WAARVOOR

EK BAIE DANKIE WIL SÊ.

HULLE IS JAAR NA JAAR

DIE LEWENSBLOED VAN

DIE OESDAG. GROOT

UITGAWES WORD DEUR

HULLE AANGEGAAN OM

MILJOENE RANDE SE

LANDBOUTOERUSTING

EN DIERE NA DIE OESDAG

TE BRING.

– Mnr Bully Botma,

Oesdagvoorsitter, 1996.

oesdae sou wees. ’n Besluit van die komitee in Oktober 1972 om vanaf 1973 die drie

oesdae in “een massiewe aanbieding” te kombineer en op ’n sentrale, permanente

terrein aan te bied, het dus gelei tot die eerste gekombineerde Oesdag wat in 1973

op die tydelike nasionale Oesdagterrein op Ottosdal gehou is.

Toe die plaas Marthaville in die Bothaville-distrik in die mark kom, is die besluit

geneem om die grond aan te koop en dit vir dié doel te ontwikkel. Bothaville/

Viljoenskroon-distrik is beskou as ’n lokaliteit wat maklik bereikbaar is vir produsen-

te van reg oor die land. Ongeveer 80% van die destydse mielieproduksiegebied

was binne ’n radius van 160 km vanaf Bothaville geleë. Marthaville grens ook aan

’n teerpad, wat toeganklikheid en verkeer geoptimaliseer het.

Dit moet gemeld word dat hoe die grond in SAMPI se besit gekom het, deels in mis-

terie gehul is. Oorlewering wil dit hê dat dit in geheel aan SAMPI geskenk is, maar dit

is onbevestig. Die oesdagterrein is saamgestel uit drie titelaktes, waarvan die kleiner

gedeelte (sowat 25 ha) deur mnr Louis Luyt, destydse eienaar van Triomf Kunsmis en

latere rugbybaas, geskenk is omdat hy SAMPI se saak gesteun het.

’n Blik uit die lug op die Oesdagterrein kort

voor die groot stormloop in 1973 begin het.

Die eerste gekombineerde Oesdag is in 1973 op ’n plaas naby Ottosdal aangebied. Om die

voorafgaande oesdae van die Vrystaat en die Oos-Transvaal daar te akkommodeer, is die

terrein met nagenoeg 100 morg vergroot.

Die vorige eienaar van Marthaville, mnr Jan Bothma, was as SAMSO-ondersteuner

blykbaar nie gediend daarmee om direk aan SAMPI te verkoop nie. Dié uitdaging is

omseil deurdat mnr Flip Grobler – wie se grond aan Marthaville gegrens het – die

plaas van 171 ha aangekoop en dadelik aan SAMPI oorgedra het. Aangesien SAMPI

in daardie stadium ’n relatiewe jong organisasie was, moes die twaalf dagbestuurs-

lede, waarvan Grobler een was, noodgedwonge in hulle persoonlike kapasiteit vir die

verbandlening borg staan. ’n Derde stuk grond is in die laat tagtigerjare deur NAMPO

aangekoop om ’n skaapprojek as deel van die grondomskakelingskema te huisves.

In 1973 is mnre Hannes van Wyk en Callie van Wyk deur SAMPI afgevaardig om ’n

Field Harvest Day in Nieu-Seeland te besoek om hulself te vergewis van hoe die

kiwi’s dit doen.

Die NAMPO-era breek aan

Na intervensie deur die destydse Minister van Landbou, mnr Hendrik Schoeman, is

eenheid in die mieliebedryf uiteindelik bewerkstellig. SAMPI en SAMSO is ontbind

en het op 3 Oktober 1980 plek gemaak vir die totstandkoming van die Nasionale

Mielieprodusente Organisasie oftewel NAMPO. Die Oesdag – as ’n prominente deel

van SAMPI se bruidskat – is gevolglik tot die NAMPO Oesdag herdoop.

Gedurende die bykans 20 jaar wat gevolg het, het die NAMPO Oesdag in elke opsig

van krag tot krag gegaan. Wat aanvanklik ’n mieliegefokusde handelskou was, is ge-

diversifiseer en uitgebrei om die Suid-Afrikaanse landboubedryf in geheel te akkom-

modeer. Dit het ontwikkel tot een van die bekendste plaaslike landbouhandelsmerke

en spog selfs vandag met ’n sterk bewustheid in Afrika en die buiteland.