Previous Page  14 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 14 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႆ

Klankgreep: Vertelling oor die oprigting van die

NAMPO-saal – mnr Giel van Zyl.

Globalisering het daartoe gelei dat internasionale deelname, naamlik afvaardigings

én individuele of georganiseerde uitstallers, reeds sedert die tagtigerjare ’n algemene

gesig by die Oesdag geword het. Die

Western Australian Regional Manufacturers

het

in Suid-Afrika se politieke sanksiejare besluit om hier te kom uitstal aangesien Wes-

Australië se landboutoestande met dele van Suid-Afrika ooreenstem. Die Australiese

paviljoen is uiteindelik in die vroeë 1990’s as die Oesdag se eerste internasionale

paviljoen gevestig.

Gemeenskappe

Die NAMPO Sekondêre Landbouskool en Hoërskool Bothaville se leerders het jaar-

liks tydens die Oesdag kom diens doen op die terrein, waarvoor die skole ’n bedrag

ontvang het en in ruil van die fasiliteite kon gebruik vir skoolfunksies. NAMPO

Sekondêr is vandag steeds betrokke by die Oesdag.

Nog ’n plaaslike gemeenskapsinisiatief wat ontstaan het, was die Mieliehoofstad

Toerismeforum se gastehuisprojek wat nie net gastehuise nie, maar ook privaat

wonings wat aan die sogenaamde mieliegradering voldoen, betrek om akkommo-

dasie tydens byvoorbeeld die Oesdag en Kongres te verskaf. Teen 1995, toe die

projek afgeskop het, was die bedbesetting op 80 gaste aangeteken. ’n Totaal van

200 gastehuise in die Bothaville-omgewing en buurdorpe het egter akkommodasie

aan ongeveer 5 400 besoekers verskaf gedurende NAMPO 2016.

Die Rotariërklub asook die Hervormde Kerk van Bothaville was die eerste gemeen-

skapsorganisasies wat wegneemetekiosks as fondswerwingsaksie bedryf het,

terwyl al die ander restaurante en kospunte onder beheer van die Oesdag was

Die NAMPO-saal wat in 1998 in aanbou was.

Die Muur van Herinnering is in 1998

opgerig.

Play Video