Previous Page  12 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႄ

Giel van Zyl, Bestuurder Administrasie van NAMPO 1983 - 1992;

Hoofbestuurder van NAMPO 1992 - 1999; Hoofbestuurder van

Graan SA 1999 - 2001

Sedert mnr Giel van Zyl hom in 1983 by NAMPO aangesluit het, was die Oesdag deel

van sy bestuursverantwoordelikheid. As skakel tussen die destydse Hoofbestuurder,

dr Piet Gous, en die Oesdagkomitee was hy onder andere getaak met strategiese

oesdagbeplanning en om te verseker dat dit uitgevoer word – iets wat Van Zyl se

persoonlike vermoë om groot planne innoverend tot in die fynste detail uit te voer

soos ’n handskoen gepas het.

Die eerste deel van die langtermynstrategie met die Oesdag was om dit landwyd

erken te kry. Hoewel dit reeds ’n sterk staanplek in die mark ontwikkel het, was die

Oesdag teen 1983 nog in kompetisie met ander landbouskoue. Dit was ook nie ’n

gegewe dat uitstallers elke jaar sou deelneem nie en daar was ruimte om dit te

omskep in landbou-uitstallers se voorkeur tentoonstellingsplatform.

Met die doel om dit na ’n handelskou van wêreldformaat te laat ontwikkel, is ’n

visie- en missiestelling wat deur die Oesdagkomitee opgestel is deur NAMPO se

Hoofbestuur aanvaar. Hierna was dit duidelik dat tyd en energie belê moes word in

die uitbreiding van die standaard van die oesdagterrein en fasiliteite, verskerping

van uitstallersreëls en ’n hernude fokus op die uitbou van die Oesdag se karakter

as ’n suiwer landbouhandelskou.

“In die vroeë tagtigerjare was die terrein nie omhein nie en uitstallers en besoekers

het oral geparkeer. Die feestelike atmosfeer is verder beklemtoon deur die biertuin

wat in die middel van die terrein geleë was. Uitstallers het ook beperkte reëls ge-

had om by te hou,” vertel Van Zyl.

Gedurende die jare wat gevolg het, het die Oesdagkomitee strenger reëls neergelê,

soos dat geen uitstaller gedurende die Oesdag op die terrein mag kom met ’n

voertuig nie. Verder is die duur van die Oesdag verleng van een en ’n halwe dag

na drie dae en uitstallers se kontrakte is sodanig verander dat werktuig- en imple-

mentvervaardigers moes onderneem om hulle goedere uit te stal. Deelname aan

beheerde demonstrasies was ook nou verpligtend.

Van Zyl vertel verder dat dit nie aldag maklik was om die reëls wat deur die komitee

neergelê is, af te dwing en toe te pas nie. Menige uitstallers kan getuig van die toe-

gangshekke wat vir uitstallers ingestel is – en hoe dit spoedig as die “vloekhekke”

begin bekend staan het. Hoewel dit ’n uitdaging was om uitstallers gewoond te maak

aan die nuwe huisreëls, is ’n standaard sodoende gestel wat die Oesdag se organi-

sasie en statuur gelykstel met dié van menige internasionale landbouhandelskoue.

Vanaf 1983 is kos ook by ander punte op die terrein voorsien as net in die restau-

rante. Wegneemetes en koeldrankkiosks is sedert 1984 op ’n groter skaal ingestel.

In 1988 het die Oesdag weens ’n bogemiddelde reënseisoen gevaar gestaan om af-

gestel te word. Volgens Van Zyl was die terrein na meer as 900 mm reën deurdrenk

en dat vinnige optrede nodig was. Gevolglik is dreineringspompe ingespan om die

terrein betyds droog te lê.

Deur skakeling met insetverskaffers kon hy maatskappye oortuig om as borge be-

trokke te raak by die oprigting van sale wat onderdak uitstalruimtes op die terrein sou

uitbrei, maar ook meer permanensie sou verleen aan maatskappye se verbintenis

met die Oesdag. Voorbeelde hiervan was die Sentraoes-saal, Foskor Mediasentrum,

Eskom-saal, die LNR-gebou en die eerste fase van die huidige Afrox-gebou.

Maatskappye se vertroue in die Oesdag as ’n strategiese handelskou is verder

bevestig deur hul investering in permanente strukture op hul standplase. Teen

1996 is nuwe geboue opgerig deur Staalmeester, Interlov, Sanvet, Pumpmaker

en Mercedes-Benz. NAMPO het hierop gereageer deur permanensie in die in-

frastruktuur, geriewe en fasiliteite op die terrein te skep. In dieselfde jaar is die

Roodebank-saadkompleks ingewy en die vernuwing van die Donkerhoek-saal

het gevolg.

Erkenning word gegee aan die argitek, Freek du Plessis, wat baie gratis hulp met

planne gegee het, Willem le Roux, die bouer wat meeste van die geboue se steenwerk

Mnr Giel van Zyl

NOMMER, ASSEBLIEF!

• TEEN 1983 IS TELEFOON-

GERIEWE BY VYFTIEN

STANDPLASE BESKIK-

BAAR GESTEL.

• NA ’N TYDELIKE

SELFOONTORING IN

1996 GESORG HET VIR

SELFOONVERBINDINGS,

HET MTN EN VODACOM

IN 1997 ’N PERMANENTE

TORING OP DIE TERRE

IN OPGERIG.

Video: Nuwe reëls is deur die Oesdagkomitee in-

gestel en moes toegepas word – mnr Giel van Zyl.

Play Video