Previous Page  51 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 51 / 53 Next Page
Page Background

ႇႃ

HOOFSTUK 4

geskrap, as gevolg waarvan die Nasionale WPO ʼn beroep op wintergraanpro-

dusente gedoen het om die WPO deur middel van vrywillige bydraes te finansier

Die bedoeling was dat die Nasionale WPO se begroting op basis van produksie-

volumes na die verskillende Provinsiale WPO’s toegedeel word.

Hoewel die wintergraanprodusente baie goed tot die vrywillige heffing ter be-

fondsing van die WPO bygedra het, het dit ʼn addisionele koste op hulle gelaai.

Hierdie addisionele koste het later ʼn rol gespeel by die oorweging van samesmel-

ting met die produsente-organisasies van die ander graanbedrywe, wat in die vol-

gende hoofstuk vervat is.

Die WPO se rol in en betrokkenheid by die inisiatief om die verskillende graan-

bedrywe se produsente-organisasies in 1999 onder een dak te verenig, word in

die volgende hoofstuk vertel. Hier word volstaan deur te sê dat die WPO ʼn besliste

bydrae tot die stigting van Graan SA gelewer het.

Na die stigting van Graan SA is die sake waarmee die WPO hom besig gehou het,

deur die Spesialiswerkgroep vir Wintergrane hanteer. Daarna was dié Werkgroep

verantwoordelik vir die identifisering van brandpunte in die wintergraanbedryf,

wat dan na die verantwoordelike afdeling of besturende liggaam binne Graan SA

verwys is.

DIE SORGHUMPRODUSENTE-ORGANISASIE (SPO)

Stigting

Die sorghumprodusente in Suid-Afrika se belange as produsentegroep is tradisio-

neel deur die provinsiale landbou-unies se produsente-organisasies vir graansor-

ghum hanteer.

Dit het gedurende Maart 1994 egter verander met die stigting van die Sorghumpro-

dusente-organisasie (SPO) op 24 Maart 1994 te Vanderbijlpark. Hoewel die SPO ’n

spesialiteitsorganisasie was, was dit steeds by SALU geaffilieer, soos ook die geval

was met NOPO.

Struktuur

Die SPO was nie soos tydens die vorige bedeling in provinsiale strukture verdeel

nie, maar wel in spesifieke gebiede wat sorghumprodusente landwyd sou verteen-

woordig. Die organisasie was naamlik in tien gebiedsbesture georganiseer wat

almal aan die Hoofbestuur en Nasionale Kongres (as hoogste gesag) verantwoor-

ding gedoen het.

Benewens die Kongres en Hoofbestuur, is ʼn Dagbestuur gevorm en ʼn Sekretariaat

ingestel om die sake van die SPO te administreer.

Doelstellings

Die SPO se hoofdoel was om ʼn verteenwoordigende nasionale organisasie vir die

sorghumbedryf te vorm en die belange van die sorghumprodusente te behartig. Die

Mnr Pieter Morkel, Voorsitter van die

SPO, 1999.

Op 9 Junie 1999, tydens hul afsluitingskon-

gres, het die WPO se Hoofbestuur hierdie

gedenksertifikaat onderteken, ter onder-

steuning van die stigting van die GPO.