Previous Page  43 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 43 / 53 Next Page
Page Background

ႆႅ

HOOFSTUK 4

ook verantwoordelik vir die aanstelling van Trustees, uitgesluit die Ministeriële

verteenwoordiger. Die Komitee se primêre funksie was egter om inligtings- en

navorsingsprojekte in belang van die bedryf te evalueer en dit vir befondsing na

die Trust te verwys.

• Navorsingsprioriteitskomitee

Die Navorsingsprioriteitskomitee (Komitee van die Advieskomitee) was

getaak om navorsings- en ander projekte in belang van die bedryf te iden-

tifiseer en te evalueer. Nadat prioriteite bepaal is en die evaluasieproses af-

gehandel is, het die Prioriteitskomitee aanbevelings aan die Advieskomitee

deurgegee vir besluitneming.

• SAGIS: Inligting aan bedryf

Die Mielie-, Oliesaderade, Wintergraan en Sorghum bedrywe, het besluit om

’n Artikel 21 Maatskappy te stig en pro rata tot die SAGIS begroting by te dra.

SAGIS is gestig met die doel om generiese inligtingsdienste vir die graan- en

oliesadebedrywe te bestuur. Waar nodig, sou statutêre maatreëls afgekondig

word om te verseker dat inligting aan SAGIS deurgegee word. Die onderskeie

Trusts sou ook die lede van die SAGIS Direksie nomineer en aanstel.

• Bedryfsforums vir sonneblom, sojabone en grondbone

Na die uitfasering van die Oliesaderaad, het die behoefte steeds in die onderskeie

bedryfsektore bestaan om oor gemeenskaplike bedryfsake met mekaar te skakel.

Die volgende Forums is gestig:

-

Grondboneforum (1996)

-

Sonneblom- en Sojaboon Forum (1997)

Alle rolspelers uit die waardeketting kon forumvergaderings bywoon (op eie

koste), en konsensusbesluite is geneem. Wanneer konsensus nie bereik is nie,

het die Forums as volgende stap ’n Tegniese komitee aangestel om die aan-

geleentheid verder te ondersoek, en aanbevelings aan die Forum deur te gee.

Gemeenskaplike aangeleenthede wat deur die Forums hanteer is, het onder

andere ingesluit gradering, gesondheidsregulasies en navorsingsbehoeftes.

• Tegniese dienste

Die Oliesaderaad se betrokkenheid by die verskaffing van tegniese dienste het

oor meer as 40 jaar ontwikkel. Die tegniese dienstefunksie het behels die toe-

passing van kwaliteitstandaarde, lewering van analitiese dienste en opleiding

van gradeerders.

NOPO se Dagbestuur teen 1997 (van links): mnre Nico Vermaak, Naas Bellingan, Gert

Pretorius, Lourie Bosman en Japie Middel.