Previous Page  45 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 45 / 53 Next Page
Page Background

ႆႇ

HOOFSTUK 4

Verskeie gesprekke is deur NOPO met rolspelers, asook die Grondboneforum gevoer,

ten einde die integriteit van die grondbonesaadskema binne ’n vryemarkomgewing in

stand te hou. Die praktyk het egter geleer dat ’n eenvoudige oplossing nie moontlik was

nie. NOPO Nuus, 1997.

Ander bedryfsake van belang

Die NOPO Kongres het in Februarie 1997 versoek dat produsente ooreenkoms-

tig die olie inhoud van sonneblom saad vergoed word. Na afloop van Kongres

is verskeie navrae aan kopers en verwerkers gerig om produsente volgens die

olie inhoud van sonneblomsaad te vergoed. Terugvoer van die silo-industrie

was egter dat dit nie logisties moontlik sou wees om sonneblomsaad volgens

olie inhoudsvlakke te berg nie.

Senwes het egter in November 1997 bekend gemaak dat daar in oorleg met

kopers besluit is om wel gedurende die 1998-seisoen sonneblom op ’n oliebasis

aan te koop. Die produsente prys sou bereken word op ’n olie-inhoud van 42%

met ’n glyskaal vir betaling indien die olie-inhoud hoër of laer as die 42% was.

Grondbonesaadskema: Gedragskode

Die Grondboneforum het aanbeveel dat ’n gedragskode vir die saadskema in

plek gestel word. Die wese van die besluit was dat selfregulering toegepas moet

word. ’n Werkgroep is versoek om metodes te ondersoek oor die wyse waarop

die gedragskode geïmplementeer kon word. Korttermynwins met grondbone-

saad het egter dikwels uitkomste bepaal, sonder dat die langtermynimpak

daarvan verreken is.

1998: Beplanning, oorgang en eenheid in die graanbedryf

Die jaar 1998 sal onthou word vir deurslaggewende besluite deur leiers in die

graan- en oliesadebedrywe om eenheid te bewerkstellig.

Aanvanklik was die fokus van gesprekke tussen NOPO en NAMPO op samewer-

king maar het die grense van onderhandeling verskuif na eenheid in die graan-

bedryf. Die WPO (wintergraan) en die SPO (sorghum) het met verloop van tyd

by hierdie gesprekke betrokke geraak en daarop ingekoop.

Die behoefte is ook deur produsente op grondvlak uitgespreek dat eenheid

in die graanbedryf deur ʼn enkele bedryfsorganisasie gevestig sal word. Hier-

die benadering het algemene steun ontvang, aangesien baie produsente met

somer-, wintergraan en oliesade in ʼn wisselboustelsel op dieselfde plaas ge-

boer het.

NOPO het in die aanloop tot deregulering en die ontbinding van die Oliesade-

raad op verskeie vlakke met bedryfsrolspelers saamgewerk om verhoudinge