Previous Page  49 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 53 Next Page
Page Background

ႆႋ

HOOFSTUK 4

wat voorheen deur Unie Graan benoem is, voortaan deur die Hoofbestuur van

die WPO benoem sou word. Dit het beteken dat die WPO-strukture vanaf 1993

al die produsentelede vir aanstelling op die Koringraad benoem het.

Eerste vergadering

Die WPO se eerste Hoofbestuursvergadering is op 14 September 1989 te Gordons-

baai gehou en is deur die Voorsitter van die Koringraad, mnr Eddie Pienaar, bygewoon.

Tydens die vergadering is verslag gedoen oor samesprekings tussen die WPO,

NAMPO en die Nasionale Graansorghumkomitee gevoer is. Volgens die verslag het

die verteenwoordigers van die verskillende organisasie heelwat raakpunte en ge-

meenskaplike probleme tussen die verskillende bedrywe geïdentifiseer wat na hulle

mening gesamentlik moontlik meer suksesvol aangespreek kon word. Dit is interes-

sant dat hierdie aspek sowat ʼn dekade later ook een van die beweegredes vir die

vorming van Graan SA was.

Op die vergadering is ook kennis geneem dat die navorsingstruktuur en -funksie van

die Departement van Landbou en Watervoorsiening oorgedra sal word aan ʼn outo-

nome navorsingsraad, die Landbounavorsingsraad (LNR), wat alle bevolkingsgroepe

kon bedien en alle landboukundige navorsing sou koördineer en ondersteun. ʼn Voor-

legging met volledige besonderhede oor die doel en funksies, bestuur, befondsing en

ander aspekte van die LNR is bespreek.

Durumkoring

Op 15 Februarie 1990 is ʼn vergadering van verteenwoordigers uit alle koöpe-

rasiegebiede waar durumkoring geproduseer is, te Hopetown gehou. Tydens daar-

die vergadering is versoek het dat ʼn permanente komitee onder beskerming van

die WPO geskep word om die belange van durumkoringprodusente te behartig.

Hierdie versoek is op 21 Maart 1990 deur die WPO se Hoofbestuur goedgekeur. ʼn

Subkomitee vir durumkoring is gestig wat uit verteenwoordigers van die Koring-

raad, Fatti’s & Moni’s, Suid-Westelike Transvaalse Landbou-Koöperasie, Prieska

Vleiskoöperasie, Hopetown Koöperasie, Oos-Kaapse Landboukoöperasie, Doug-

las Koöperasie en Albert Koöperasie saamgestel is.

Nuwe Voorsitter

Op die WPO se Hoofbestuursvergadering van 18 September 1991 het mnr Chappie

Ferreira, verteenwoordiger van die Vrystaatse WPO, die Voorsitterskap van die

WPO by Neethling oorgeneem. Die Hoofbestuur het ook besluit om ʼn versoek tot

die Koringraad te rig dat die WPO die geleentheid gegun moet word om jaarlikse

prysvoorlegging aan die Koringraad te maak. Tot op daardie stadium is daardie

voorlegging deur een van die Koringraad se lede gemaak. Die Koringraad is ook

versoek om toestemming te verleen dat mnre H Claasen en F du Bois die voorleg-

ging aan die Koringraad kon maak.

Kommissie van Ondersoek na die Bemarkingswet

Met die aanstelling in 1992 van die Kassier-komitee om ondersoek na die Bemar-

kingswet in te stel, het die WPO kommentaar opgestel wat ter ondersteuning van

die Koringraad se voorlegging aan die Komitee aangebied is. In reaksie op die

finale Kassierverslag het die Voorsitter van die WPO, mnr Andries Beyers, daarop

gewys dat ondervinding geleer het dat die deregulering van landboumarkte nie

noodwendig tot goedkoper voedsel lei, soos wat in persberigte beweer is nie.

Na aanleiding van die Kassierverslag het die WPO tot die besef gekom dat die

Regering se uiteindelike besluit oor statutêre bemarking moontlik die WPO se

toekomstige finansiering en funksionering kon beïnvloed. Gevolglik het ʼn Voorsit-

terskomitee van die WPO op 10 Junie 1993 met verteenwoordigers van die ANC

vergader ten einde op hoogte te kom van die ANC se siening oor landboubeleid.

Terselfdertyd is die WPO, as die verteenwoordiger van wintergraanprodusente, se

siening oor die wintergraanbeleid aan die ANC oorgedra.

Die WPO se Hoofbestuur was van mening dat dit noodsaaklik was om te verseker

dat die WPO, hetsy in sy bestaande of ʼn gewysigde vorm, sou moes voortbestaan.