Previous Page  52 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 52 / 53 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႇႄ

SPO sou ook die inisiatief neem om op ʼn gekoördineerde wyse die beste moontlike

dinamiese posisie vir die sorghumprodusente te handhaaf.

Terwyl die Sorghumraad die belange van die breë bedryf (insluitende die produsente)

behartig het, was die SPO uitsluitlik ʼn produsente-organisasie wat onafhanklik as deel

van SALU gefunksioneer het.

Die SPO het, onder andere, die volgende sake aangespreek:

• Sorghum as ekonomies-lewensvatbare gewas;

• markverwante produksie;

• doelmatige opberging; en

• bedryfsverhoudings.

Gemeenskaplike probleme wat ten opsigte van saad, vinkbestryding, gradering en die

bemarking van sorghum ondervind is, is deur die SPO hanteer.

Befondsing

Die SPO het per ooreenkoms jaarliks ’n begroting by die Sorghumraad ingedien.

Hierdie kostes het in die 1995/1996-verslagjaar R338 563 beloop, wat ʼn koste per ton

van R1,71 verteenwoordig het, gemeet teen die 1995-sorghumoes.

Momente en prestasies

In 1998 het die SPO Ere-visevoorsitterskap aan mnr JD Tonkin toegeken.

Tonkin was ʼn stigterslid van SAGIS, stigterslid van die Sorghumforum en lid van die

IGG SGS Beplanningskomitee. Hy was ʼn lid van die laasgenoemde komitee wat in

Die eerste Hoofbestuur van die SPO het uit die volgende lede bestaan:

Mnre

JD Tonkin (Voorsitter)

JNS du Plessis (Ondervoorsitter)

JV Roux

D Hattingh

SP Wessels

E van Jaarsveld

ML van der Westhuizen

AHJJ Strydom

HJ Bonnet

W Wierenga

WA Kruidenier

PH Ferreira

PW Morkel

APJ du Plessis

TPJ Swart

Ander persone wat gedurende die bestaan van die SPO op die Hoofbestuur

gedien het, was:

Mnre

EE du Plessis

J Scott

JV Roux

A Herbst

JJ van Niekerk

APJ van Zyl

A Odendaal

Mnr Johan Swarts is as die SPO se eerste Bestuurder aangestel.