DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆႊ
Mnr Andries Beyers, Voorsitter van die
WPO, 1999.
Betrokkenheid by die Oliesadebedryf
NOPO het voor die stigting van Graan SA, met die bedryfstrukture ooreenge-
kom om as oorgangsmaatreël, sekretariaat dienste aan die Trust (OPOT), die
Oliesade Advieskomitee, die Navorsingsprioriteitskomitee en die Forums te bied.
Die sekretariaatdienste aan die Forums is met verloop van tyd aan ander
diensverskaffers oorgedra sodat die produsenteverteenwoordigers onbevange
aan debatte kon deelneem. Ná die stigting van Graan SA is besluit dat voorge-
sette sekretariaatdienste as oorgangsmaatreël aan die Oliesade Advieskomitee
en Navorsingsprioriteitskomitee gelewer sou word. ’n Voltydse Administrateur
(mnr Gerhard Keun) is in 2000 deur die oliesadebedryf aangestel om die adminis-
trasie van die Trust, Advieskomitee en Navorsingsprioriteitskomitee oor te neem.
WINTERGRAAN PRODUSENTE-ORGANISASIE (WPO)
Stigting
Voor September 1989 het die verantwoordelikheid vir bedryfsbediening van
wintergraanprodusente by georganiseerde landbou berus. Die strukture wat
daarvoor verantwoordelik was, was die Nasionale Bedryfskomitee vir Koring
en ander Wintergraan van SALU (die Nasionale Wintergraankomitee), tesame
met die Wintergraankomitees van die provinsiale landbou-unies, naamlik die
Transvaalse, Vrystaatse, Noord-Kaaplandse en Wes-Kaapse Landbou-unies
(TLU, VLU, NKLU en WKLU).
Die wintergraankomitees is op provinsiale vlak saamgestel by wyse van nomi-
nasie van persone uit die verskillende distrikslandbou-unies. Verteenwoordi-
gers op die Nasionale Wintergraankomitee is op grond van produksievolumes
aangestel. Die Wes-Kaap, waar die meeste wintergraan geproduseer is, het dus
die grootste verteenwoordiging op die Nasionale Wintergraankomitee gehad.
Teen die laat 1980’s het die beweging na spesialisering in landbou momentum
begin kry. Die Nasionale Wintergraankomitee het deeglik van die veranderende
omstandighede kennis geneem. Op sy vergadering van 15 September 1988 het
die Komitee in beginsel aanvaar dat dit noodsaaklik geword het om ʼn kritiese
evaluasie te maak van die strukture wat vir bediening van die wintergraanpro-
dusente beskikbaar was.
Dit het gelei tot ʼn aanbeveling van die Nasionale Wintergraankomitee dat ʼn
nasionale bedryfsorganisasie met ʼn eie identiteit, ʼn nuwe naam en eie logo, vir
wintergraanprodusente gestig moet word. Die aanbeveling het verder behels
dat die organisasie steeds binne die SALU-strukture sou funksioneer, met be-
houd van die Nasionale Komitee van SALU as die hoogste gesag in die bedryf.
Die aanbevelings is vir verdere oorweging na SALU en die Koringraad verwys.
Dit blyk dat die aanbevelings gunstige oorweging geniet het, aangesien die
Nasionale Wintergraankomitee tydens sy vergadering van 15 Maart 1989 be-
sluit het dat ʼn nasionale produsente-organisasie, soos wat in die vooruitsig
gestel is, gevestig sal word. Daar is besluit dat dit as die Wintergraan Produ-
sente-organisasie (WPO) bekend sol staan. Dit was ook die laaste vergadering
van die Nasionale Bedryfskomitee vir Koring en ander Wintergraan wat daar-
mee ontbind het.
Mnr J Neethling is as die eerste Voorsitter van die WPO verkies, met
mnr WE Pienaar as Visevoorsitter. Mnr Nico Hawkins is as die eerste Bestuurder
van die WPO aangestel.
Die WPO se hooffunksie was om as produsente-organisasie en dus as die
spreekbuis van die wintergraanprodusente te dien. Die Organisasie het na sy
stigting ʼn kernrol in die hantering van wintergraanprodusente se belange en die
wintergraanbedryf in die algemeen vervul.
Na aanleiding van ʼn Hoofbestuursbesluit van 4 April 1991 is die funksie om
die produsentelede op die Koringraad te benoem, deur die WPO oorgeneem.
Ingevolge die besluit sou twee lede deur die WPO van die VLU en een lid deur
die WPO van die WKLU benoem word. Verder is besluit dat die koringraadslid