Background Image
Previous Page  3 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 84 Next Page
Page Background

1

June 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Rona Beukes, Pietman Botha, Valerie Cilliers, Jannie de Villiers, Johan du Preez, Thys Grobbelaar, Nico Hawkins, Koos Kirsten, Hanlie Kroese, Louise Kunz, Graham Lottering,

Corné Louw, Chris Milne, Michelle Mokone, dr Goddy Prinsloo, Ruth Schultz, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, prof Piet Steyn, Elrine Strydom, Hansie Swanepoel,

dr Scott Sydenham, Adri Theron, Gerrie Trytsman, Nico van der Merwe, Luan van der Walt, Jadine van Heerden, Anita van Zyl, Gary Woodruff en Elena Yudina

d

it is weer een van die dae tyd vir

Innibos

– die

kunstefees wat hier by ons in Nelspruit gehou word.

Dit is vir my baie lekker om dit by te woon, daar

rond te drentel en vertonings te gaan kyk, maar

vir my is dit nie naastenby so ‘n groot bederf soos

die NAMPO Oesdag se landbou-atmosfeer nie!

Tydens die afgelope Oesdag het ek weer eens besef: Hierdie is

nou maar eenmaal mý dam se ganse. Dit voel mos soos familie

– selfs lede van ‘n Europese handelsending na die Oesdag het

tydens ‘n gesprek met Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbe-

stuurder: Graan SA) verwys na die familiegees en geborgenheid

wat hulle tussen Oesdaggangers ervaar het.

Waar jy kom, loop jy bekendes raak. (Dit kan seker ook nie an-

ders nie as ‘n mens dink dat ‘n nuwe rekordgetal van 78 648 be-

soekers die afgelope NAMPO Oesdag besoek het!) In Graan SA

se ledelokaal groet die produsente jou al soos familie; dieselfde

by die uitstallers van wie ons foto’s gaan neem het. Jy loop ou

skoolvriende raak; sien jou niggie wat honderde kilometers ver

van jou af bly en lesers (soos oom Petrus van Verkeerdevlei)

doen moeite om jou by die mediasentrum te kom groet.

Oud en jonk geniet dit en voel tuis by NAMPO. Dit maak nie saak

of jy plaaskind of stadsjapie is nie. (Ek het darem lekker gelag

toe Alzena Gomes van Graan SA my vertel van haar suster se

dogtertjie wat net wil weet of hulle kan gaan kyk hoe die skape

“gerasper” [dit is nou geskeer!] word...)

As jy nie vanjaar by die Oesdag kon wees nie, kuier gerus saam

met ons by NAMPO (vanaf bladsy 8). Ons gaan in die volgende

twee maande die lekker so ‘n bietjie langer uitrek en nog terug-

voer en foto’s oor die Oesdag met ons lesers deel.

In hierdie uitgawe

‘n Mens glimlag maklik oor stadsjapies wat koeie nie vanself-

sprekend verbind met die inhoud van melkbottels in die super-

mark nie. Net so is heelwat mense oningelig oor die pad wat

gewasse – soos mielies, koring en sojabone – volg vanaf die

plaashek of invoerhawe tot by die meule of veevoerfabriek

se deure.

SA Graan/Grain

se doelwit met ons nuwe spesiale fokus op

die graanhanteringsketting (bladsy 33 tot bladsy 49), is om by

alle rolspelers in die graanbedryf ‘n bewustheid te skep oor die

onmisbare bydrae van hierdie deel van die bedryf.

Lekker lees tot volgende maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Meet our

contributors...

p

ROF PIET STEYN

was born

in Vryburg in the North West

Province. He retired in 2008

as senior director: Research

at the University of Stellen-

bosch. He has distinguished himself in

the area of the chemistry and biosyn-

thesis of mycotoxins. Prof Steyn has

devoted his career to mycotoxins produced by fungi growing

on cereals, coffee and nuts. He holds the distinction of having

a toxigenic fungus bearing his name:

Aspergillus steynii

.

He has among others received the National Science and

Technology Forum Award for individual work over a lifetime

and the Order of Mapungubwe, Class Silver for his excellent

and lifetime contributions to research in the field of chemis-

try and biosynthesis of mycotoxins. He served the interna-

tional scientific community as president of IUPAC and as

president of the International Association of Cereal Science

and Technology.

Read his article

Research strategy aims to eliminate mycotox-

ins in South African grains

on

page 57

.

D

aar is heelwat persepsies en wanopvat-

tings in die mark oor die Suid-Afrikaanse

Graaninligtingsdiens (SAGIS): Wie hulle is,

wat hulle veronderstel is om te doen, asook oor

die geloofwaardigheid van SAGIS-inligting. Op

bladsy 34

neem

NICO HAWKINS

(hoofbestuur-

der: SAGIS) dit onder die loep en verduidelik ook

watter aksies hulle uitvoer om die korrektheid van

voorrade wat gepubliseer word, te verseker.

D

ie oesskattingsproses in Suid-Afrika word

deur die Oesskattingskomitee, wat deur

die Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye gefasiliteer word, uitgevoer. Volgens

RONA BEUKES

(lid van die Oesskattingskomitee)

is die komitee betrokke by die skattings van beide

somergraan- en wintergewasse. Op

bladsy 36

kan

lesers meer hieroor te wete kom en waarom sy

glo data noodsaaklik is.

A

frica’s largest maize producer is once

again set to regain its status as a net exporter

of maize. South Africa, which typically produces

an average of 11 million tons of maize, is expected

to harvest over 14 million tons this year, recover-

ing from a two-year long drought. On

page 50

MICHELLE MOKONE

(Grain SA) elucidates

the potential export market opportunities for

South African maize.

H

eelwat is al geskryf oor geel dwergvirus

op gars, maar dit bly steeds ‘n probleem

by koring – veral in besproeiingsgebiede. Die

intensiteit van die probleem op landbouge-

wasse wissel egter jaarliks van streek tot streek.

DR GODDY PRINSLOO

(LNR-Kleingrane) bespreek

op

bladsy 60

plantluise en virusoordrag op koring

en waarop produsente moet let.